Hallo wêreld! Op populêre aandrang word die ou spoegblok afgestof, en gaan daar weer skrywes begin verskyn. Want iewers moet ek tog uitlating gee aan die woorde hier in my binneste.
Nou ja, sedert my laaste skrywe so teen einde Augustus verleder jaar, het heelwat water in die see geloop, en die lewe het gekom, gegaan, verander en gebeur. Ek gaan probeer om dinge hier en daar raak te vat, saam te vat, verslag te doen, en te kyk of ek alles onthou wat ek nie vergeet het nie.
Nou ja, laat ons begin. Ek is toe mos nou die president van die rolbalklub met al die regte en verpligtinge en kopsere en gryshare en stres wat daarmee gepaard gaan. En liefie staan my by deur die rol van bemarking en bevolkingsontwikkeling offisier by die klub oor te neem. So is altwee van ons dus baie betrokke. Ons lewens het goed vol geraak, met rolbal en vergaderings en werk en ontspanning, en hospitaal. Maar voor ek myself vooruitloop, kom ons gaan delf in die lot.
So maand vir maand.
Septembermaand, die mooiste mooiste maand, want somer is oppad terug. Kids wen toe maar die gemengde pare by die klub, baie trots op die twee mamparras. Ons maak 'n draai by die ComiCon (Dis nou die show waar die mense wat hou van allerhande fiksie uithang en die dag net geniet) en ek ontmoet toe nou vir Travis Fimmel, dis nou Ragnar Lothbrok, die Viking. Interessante kêrel. En September gaan aan en aan, en hier na die einde van die maand is dit alweer hospitaal toe vir liefie. Daai blerrie ding wat haar amper haar lewe gekos het, het weer kop uitgesteek. Gelukkig kan hulle die ding fieks sonder om weer te kerwe. Sy beter haarself mooi oppas beduie die kwak.
En toe kom Oktobermaand. Met viooltjies in die voorhuis... Dis rolbal voor, en werk agter. En liefie lyk of sy dit sal maak. Been is darem weer ok, en alles lyk goed. So asof dit die stilte voor die storm kan wees. En wragtig. Toe gebeur die wonderwerk. Ek wen actually 'n singles game teen een van die senior spelers. Was close, 21-19, maar 'n wen is 'n wen. En almal dink dis baie funny. Maar nou ja, is mos maar rolbal. Ek hanteer die Beginners viere toernooi by die klub, asook die Besigheidsliga. En albei begin op 'n goeie noot. En so eindig Oktober ook. Die jaar spoed vooruit.
November is altyd een blitsige maand, want somer is in die lug, en die jaar is so te sê op sy rug. Op die bollerolfront gaan dit goed met die twee toernooie wat ek hanteer, doen dit al soos 'n meester! Die toernooie voltooi, en ek kry darem komplimente. Die klub se jaarlikse prysuitdeling vind ook plaas, en Brad en Cherise kry darem die trofee vir die gemengde pare. Ons kuier lekker, en Brad maak musiek. Gelukkig brand ons nie weer die kombuis af soos met laasjaar se partytjie nie! En ons kry 'n nuwe brakkie. 'n Optelweeskind. Iemand het 'n brakkie, by 'n asblik weggegooi. Hy was so klein en oulik, en totaal so vol geplooi.... Ek besluit toe maar ons kan die klein gedroggie hou. Intussen is Brad se kontrak by die lektriekse plek waar hy arbeid gepleeg het, tot 'n einde, so die outjie is weer op soek na iets om te doen. Cherise doen darem nog steeds vesel-optika-netwerke-werk, en klink of sy dit geniet...
So breek Desember uiteindelik aan. Somer, son, swem, bier, braai, kuier, lewe! Intussen besluit Eskom weer dat ons nie hulle krag so baie moet gebruik nie, en die geliefde(!) ou krag-af-skudding is terug met ons. Wonderlike vooruitsig! Intussen begin Brad werk by 'n lugversorgingsmaatskappy, hulle kantore is sommer in die kompleks. Sal maar sien hoe dit uitwerk! En so breek my langverwagte somervakansie uiteindelik aan! Ons hou 'n potjiedag saam met vriende, net om die somer te vier. En Kersfees kom, en Kersfees gaan. En so sien 2018 ook sy agterstewe. 'n Moeilike jaar, en defnitief ene vir die boeke! Maar voor die jaar toe finaal sy gaai sien, sien ek toe ook die binnekant van die siekeboeg op 'n skrik. Staan mos een oggend op, met hierdie pyn! Kompleet of my tieker besig is om my aan te val. Ek kommandeer liefie net daar op om my af te voer siekeboeg toe. En hulle bedraad en be bedrip en bepil en befoto my. En uiteindelik is dit toe net gastritis. Wat presies dieselfde simptome as 'n full-blown hartaanval het. Goeie donder, ek het groot geskrik!
Hopelik is 2019 meer gunstig!
Raait, Januarie skop af, en daarmee saam my laaste dae van Somervakansie. Ek maak die meeste daarvan, deur te swem, te braai, te ontspan. En dan terug werk toe. En soos ek by die werk inloop, roep die baas van EFTPOS my in. En vra my of ek belangstel om produkbestuurder te word, siende sy huidige produkbestuurder het bedank. Ek gee dit so 2 dae se gedagtes, en beduie hom dat ons maar die bal aan die rol kan sit. En die maand Januarie kry spoed, en dis rolbal en werk en rolbal en werk.. Ek kry my nuwe brille, sogenaamde kantoorlense. Multifokale. Sal maar sien hoe hulle uitwerk. En dis tyd om alweer 'n nuwe kar te kry. Dis darem die een ding in die lewe wat lekker bly. Hierdie nuwe kar storie elke 10-11 maande! En die Eskom-beurtkrag loop nog volstoom. Pyn-in-die-patootie! Intussen nog so 'n lekker somerbronchitis vir myself. Net om myself te laat goor voel oor myself. En rolbal liga begin ook. Liefie, Brad en Cherise speel vir onderskeie spanne, en ek sal weer my skeidsregter/organiseerderpos vul. Soos gewoonlik. En glo dit of nie, soos Januarie einde toe staan, beland liefie alweer in die siekeboeg. Liewe donderdag! Hoeveel keer kan een mens in een jaar in die siekeboeg beland met daai infeksie/sweer/knop/whatever! En die dok besluit hy gaan die ene ook met antibiotika flush, en nie sny nie. Dankie tog! Maar sy sal op 'n stadium weer moet hospitaal toe sodat die dok daai breuk van haar kan toewerk..
So breek Feberwarrie aan. En liefie in die hospitaal. En 'n tragedie in die Vaaldriehoek met 'n skoolbrug wat inmekaar val by Hoërskool Driehoek. Kinders dood, kinders beseer, en die lewe deurmekaar. Rolballiga gaan aan, en liefie speel obviously nie verder nie, siende sy is in die siekeboeg. Maar gelukkig nie lank nie, toe word sy vrygelaat op parool.. Ek doen toe ook my onderhoud by die werk vir daai bestuurspos, sal maar sien wat word.. En ons nuwe karre arriveer. GLA200, petrolmodel. Darem maar een baie mooi kar daai. Ek ry so 'n gryse en liefie so 'n witte. En die SA Meesters vind plaas, en ek umpire daar. En load shedding gaan aan en ek is nie baie ten gunste daarvan nie (dis nou op 'n mooi manier gesê ek is gatvol vir daai #@#) Februarie hou aan en aan en aan. En ek vind uit, as ek die joppie soek, is dit myne. En ek sê ek soek die joppie, en dit is myne. En ek is opgewonde! En Besigheidsliga begin weer by die klub. So ek is besig en besig en besig. Maar eerder besig as ledig. Want soos ons weet is dit die oorkussing van die ou Duiwel, ne? En liefie word alweer ingeboek in die siekeboeg. Maar die keer oor die breuk. Hulle wil haar ondersoek en prod en bevoel en besluit hoe hulle dit wil doen. En soos die einde van Februarie aanbreek, breek die einde van my loopbaan as programmeerder aan. Nuwe begin, nuwe uitdaging. Who knows, what tomorrow brings, in a world...
En dit was aand, en dit was môre. Maart. Nuwe begin in my lewe. Terug na my oorspronklike maatskappy. Terug na die masjiene waarop ek altyd gewerk het. So skuif ek oor na EFTPOS toe, en in die proses laat weet liefie sy word vrygelaat, maar sy sal sommer huis toe Uber. Is mos makliker as wat ek nou soontoe moet jaag om haar huis toe te taxi :-) En Brad kry nuwe werk by ARB. Hopelik werk die ene beter uit! En liga gaan aan, en die lewe gaan aan. En ek doen aansoek vir 'n nuwe kaart ID en my paspoort. Want ek sal dalk moet trêwwel vir die nuwe werk, mens weet nooit. En ek word verkies as die nuwe voorsitter vir die Pretoriase Munisipale Ontspanningsklub. Yay me! Groot verantwoordelikheid wat vierkantig op my skouers kom hang. Maar ek raak darem gewoond aan die manage-ding, en om die lewe te bestuur... Sal maar sien hoe werk dit alles uit op die lang duur. En liefie gaan toe om haar breuk te laat herstel. Die oggend in, hulle doen haar eventually laatmiddag, en die Saterdag word sy vrygelaat. Lekker vinnig herstel, dokter tevrede, en sy is ok. En die maand gaan aan met heavy beurtkrag. Sommer fase 4, dit wil sê, baie min krag vir baie min tyd. Ten minste spaar dit op my kragrekening. Die res van Maart loop rustig. En ek raak mooi ingebruger in my nuwe werk.
April, die voordeur van winter, breek aan. En daarmee saam liefie se halfeeu verjaarsdag. Genade, ek is met 'n ouvrou getroud! En Besigheidsliga loop ten einde. Maar Brad kwyt hom so goed van sy taak as musiekmaker, dat die studente oorkant die pad die polisie na ons toe stuur om ons te kom stilmaak. Na ek hulle mooi verduidelik dat dit 'n georganiseerde toernooi is, en die klub oor al die nodige vermaaklikheidslisensies beskik (danksy my!) het die studente nie eintlik 'n been om op te staan nie. Maar die ironie! Studente(!) kla oor oumense(!) se musiek te HARD is? Rêrig?? En ons hou toe liefie se jaarsdag. So 'n lekker Chinese braai. Prettig. En sy geniet dit. En almal geniet dit. En met die volgende komiteevergadering bedank ek toe nou as President van die Rolbalklub. Want my boude is nie breed genoeg om twee stoele vol te sit nie, en dit is net te veel werk vir een armsalige persoon. So vat Marius Engelbrecht (Him of "Never again") die rol van President terug. En ou Tjoklithond word siek. Baie siek. Ek dog ek verloor die ou dier. Met baie gesukkel (die rande knyp erg) kry ons haar by Onderstepoort dat hulle haar kan stabiliseer, en die volgende dag na 'n gewone veearts (siende die lot by Onderstepoort vra ongelooflik baie geld!!!) om haar te laat regmaak. Hoenderhokprobleem, word opgelos, en sy is sommer beter! En Paasnaweek breek aan, en Paasnaweek maak klaar. En lewe gaan aan. En April maak klaar...
When I was small, and Christmas trees were tall.... Meimaand. Winder kruip nou vinnig nader. Die lewe begin stabiliseer, die verkiesing kom, die verkiesing gaan. Ten minste het die verkiesing meegebring dat die beurtkrag vir eers op die langebaan geskuif is. En Meimaand loop vir 'n verandering rustiger. Die SA Nationals vind plaas, en ek doen diens by die klub. Beide as skeidsregter en toernooi beampte. So ek is lekker besig. Maar dis lekker. En Meimaand loop mooi. Stil en rustig, soos ek dit verkies. Kom ons hoop dit bly so!
So daar is dit! My lewe is opgevang van die laaste keer wat ek hier gesels het, tot en met die hede. 'n Mondvol, maar so is die lewe. 'n Mondvol.
Lééf! Gryp elke dag!
Moenie wag, Moenie vrees.
Môre sal kom, met sy eie knype.
Gister was, en kan nie meer.
Die oomblik is nou,
die moment is hier.
Om te huiwer, om te wonder, om te wag,
is om die oomblik te verloor.
Lééf! Nou is die oomblik. Nou is die tyd.
Bekommernisse oor môre,
Onnodig verbrande krag.
Tob oor gisters,
Vermorste tyd.
Lééf!
Friday, May 24
Friday, August 31
And another thing...
So is die winter van 2018 ook amptelik iets van die verlede. Maar die afgelope paar weke was nogal bietjie vreemd. Dis asof winter by die deur uit is, om die volgende oomblik soos ou Columbo terug in te loer by die deur om te sê "Oh yes, and another thing..." Dit het ons so 2-3 keer die afgelope rukkie getref. Net begin lekker warm word, gevolg deur een hengse koue skrikmaker.
Dit was 'n moeilike winter. Glo my, dit was moeilik. Hier rondom Junie begin liefie kla van 'n sweer of 'n ding in haar lies. So gaan sy toe na die werk se kwak toe, wat die ding oopsny om te dreineer, en stuur haar huis toe. Teen Vrydag voel sy totaal nie lekker nie, gelukkig moet sy en Brad huisdokter toe vir hulle diabetiese goete. Dokter Riana gee haar so een ligte ondersoek, bel dadelik 'n dokter by Eugene Marais, en beveel hom om dadelik aksie te neem. Ek jaag huis toe, kry liefie, boek haar in by Eugene Marais. So 3 ure later, noodoperasie op die bobeen. Necrotising fascitis. Google daai. Dis SCARY! Hulle sny 'n deel uit haar binnebobeen, so groot soos 'n man se vuis. En ek worry. Sy word ICU toe geskuif. En ek worry. Sondag is operasie 2. Die dokter kerwe verder. Sy het pyn. Na die operasie kom vertel hy my dat dit was touch en go, of sy het haar been, of moontlik haar lewe verloor. Die Dinsdag, finale operasie en toemaak van die wond. En sy het seer. Moer seer. My hart huil vir haar. Intussen is ek afgeboek met bronchitis. Maar tyd vir rus is daar nie. Want Brad moet werk toe geneem word, en gehaal word. En dis koud. En ek hoes. So teen die Woensdag kry ons nuus, liefie word uit ICU gestoot. Maar na afsondering toe, want sy het weer die een of ander super bug onder lede. Ai, wat nog! Verdere hospitaaltyd vir haar. Totaal van 2 weke van opname, tot hulle haar toe eventually vrylaat.
Sy bly toe daai week by die huis, en begin weer huil van die pyn. Jaag met haar terug dokter toe, en hy reken dadelik terug in die hospitaal, daai ding vlam op. So, alweer sulke tyd. Nog 'n week in die hospitaal, in afsondering, vir die gogga om tot sterwe te kom. En ek is weer afgeboek, bronchitis verwaarloos. Maar rus is daar steeds nie. Want Brad moet werk toe en huis toe, en ek kuier by my vrou.
Uiteindelik is sy uit, en is die herstel beter. Dankie Vader daarvoor. En ek hoes en ek hoes.
En toe trou my peetseun. Vroeg in Augustus, so op Vrouedag, neem hy die groot stap. Troue daar in die suide van Jaansberg, op so 'n mooi venue met so 'n klein kerkie. En 'n mooi onthaalsaal. En die wind waai. En die wind waai. "Daar's 'n wind wat waai, soos hy nou daar waai..." Pragtige troue, lieflike boodskap deur Heini. Goeie onthaal met lekker kos. Net jammer ek en liefie moes maar vroeër die pad terug aanpak, want die volgende dag was dit terug werk toe vir haar.
En toe dooi ou kieterkat. Kom een middag by die huis, so teen slaaptyd roep ek kieterkat om te kom eet, maar sy kom nie uit nie. Loop rondom die huis, en kry haar voor die lapa, waar sy in die sonnetjie gaan lê het, en net nie weer opgestaan het nie. Begrawe haar toe in die tuin. Voel baie treurig oor die ou dier. En Cherise kan nie vinnig genoeg wag om die kos wat ek vir die kat gekoop het, te vat om vir haar vriendin te gee nie. Nou ja, is seker maar hoe dit is.
Kom die einde van Augustus nader, en die rolbal klub se algemene jaarvergadering. Word ek toe nou as president van die rolbalklub verkies met al die voorregte en pligte wat daarmee gepaard gaan. Hygend hert, 'n besige tyd in my lewe lê voor. Hopelik kan ek die pyp rook.
So, 'n baie besige tyd in my lewe sedert my vorige opdatering, en 'n besiger tyd wat voorlê. Komaan somer, kom aan! Dis tyd vir braai, swembad skoonmaak, en lewe geniet.
Groetnis en wederom!

Sunday, June 17
Is dalk weer tyd...
Nou ja, 'n paar jaar het verloop sedert ek laas hier gegriffel het. Darem hou ek 'n daaglikse dagboek by van gebeure in my lewe. En 'n besige lewe is dit gewis. Opdraendes en afdraendes. Rollercoaster ride bar none.
Van die belangrikste gebeure was:
Van die belangrikste gebeure was:
- Ek het 50 geword. Halfeeu. Oud. Maar nog nie koud.
- Danielle is op varsity, swot om suster te word.
- Liefie het paar draaie in die siekeboeg uitgevoer. En elke keer met groot gejuig duskant die pêrelhekke omgedraai. Laaste ene was om 'n gogga uit haar bobeen te sny wat haar haar been of lewe kon kos.
- Ek het ons rolbalklub se vise-president geword.
- Ek het vir 'n kort wyle as die ontspanningsklub se voorsitter waargeneem.
- Ek is op die BGN se Tegniese Beampte staande komitee.
- Ons rolbalklub se kombuis het afgebrand, maar onder my waarnemende voorsitterskap is daar 'n nuwe kombuis tot stand gebring.
- Ek is nou nie meer 'n terminaal sagteware skrywer nie, maar 'n stelselsagteware ontwikkelaar.
- Ek is al amper 2 jaar onder skuldberading om te help om my skuld uit te wis. Dit gaan nog so 10 jaar vat, maar ek byt vas.
- Cherise bly steeds onder ons dak. Gelukkig het sy werk.
- Brad het goeie werk as elektrisiën vakleerling gekry, besig met sy N-studies.
- Ek kry steeds elke 10 maande 'n nuwe kar. Het nou al 'n B-klas, GLA-klas en nou nuwe A-klas. Almal diesel modelle. Oor die petrolprys.
- Beurtkrag is darem verby.
- Vriende kom en gaan.
- Moeder bly nou in 'n ouetehuis in Boksburg, te wete Witfieldpark.
Vir die res is dit same old, same old. Ons het ou Porktjop verloor so 'n jaar of wat gelede, so nou het ons net 8 honde, moerske lot voëls, skilpad en visse. Regte dieretuin. Gewig en bloeddruk is mooi konstant, die PH is onder beheer, ek slaap steeds met my masjien.
En dis alweer winter, en my 51ste verjaarsdag is oppad. Life goes on and on and on.
En ek rook pyp. Kompleet met my bosbaard lyk ek nou soos 'n regte Willeboer...
So die lewe is interessant en besig.
Ek sal bietjie meer gereeld probeer dinge neerpen op hierdie blok, sodat mense in die toekoms kan loer en sien wat het alles in my lewe gebeur...
Groetnis van huis tot hus!
Wednesday, September 30
Is dit alweer lente?
Mens kan nie glo hoe die tyd vlieg nie! Maak skaars jou oge toe dan is die winter verby, is lente, al die veld is vrolik, en al die tipe van dinge. Nog 'n winter oorleef. En nou lê 'n nuwe lente en somer voor.
En soos gewoonlik eers deurdraf wat alles gebeur het die afgelope ruk.
Niks.
OK, niks van belang nie. Behalwe ons effense skrik met 'n moesie wat uit liefie se rug gesny is, en nie 'n gesonde moesie was nie. Gelukkig het die dokter die hele ding uitgekry, one time, once.
Werk, leef, eet, werk, slaap, leef, eet, rolbal, leef, slaap, braai, kuier, eet, en herhaal.
Ek leer by die werk meer van C#. En ons baas het bedank, so Gavin is ons nuwe baas. For de time being.
En dis weer rugby wêreldbeker, in Engeland.
En ons eerste game teen Japan verloor ons. Met 2 punte. WTF!
En ons tweede game teen Samoa wen ons. Oortuigend.
Curiouser and curiouser, soos ou Alice sou sê na sy deur die spieël geval het.
O ja, ek het besluit om die tegnologie van Linux op my huis PC aan te hang nadat Windows 10 op my afgedwing is, en dit die grootste robbies suid van die Noordpool is. Nou ontplof my rekenaar baie minder.
Kom somer, is tyd vir braai! (Asof ek nie alreeds vir ewig braai nie...)
Nou ja, dis al vir nou. Hopelik gebeur daar meer nuus in die nabye toekoms.
Groetnis ou Grote!

Tuesday, August 11
Winter = luiBoer :)
Jaja ek weet. Was 'n rukkie sedert ek hier kom gorrel het. Ek blameer die koue. Niks anders nie. Net die koue. Want koue maak my voel ek wil weghol, wegkruip, kop onner die komberse.
Maar nou ja, neither here nor there soos die Ingelse seg.
So, wat het alles aangegaan in die lewe van die Willeboer en sy troppie? Nogal 'n paar interessanthede, die belangrikste is die aankoop van 'n gemotoriseerde 2wiel voertuig vir die Willevrou se dogtertjie. Sodat sy oor die weg kan kom. Nogal 'n bargain, behalwe dat die fietsie se kragopwekker nie genoeg krag wil opwek om die battery ook te verskaf van krag sodat die battery kan doen wat batterye veronderstel is om te doen nie. Maar dit daar gelaat. Ten minste het sy meer onafhanklikheid.
Verder het jors troelie die rolbalskeidsregterskursus (lekker lang woord!) suksesvol voltooi, en wag nou net vir die akkreditasiepapiere om volwaardig tot die skeidsregtersrol te kan toetree. En die kinders speel aanhoudend rolbal. Dis 'n toernooi hier en 'n toernooi daar. En ek moet hulle maar rondry klub toe, diekant toe, en daaikant toe. So is dit maar ne?
Afgelope langnaweek was darem heerlik sonnig met so 'n belofte van lente in die lug. So ons rolbalkollegas, Mike en Elaine, kon darem weer kom gesig wys, siende dat hulle nou weer wiele het. En ons braai. En braai. Sondag klub toe sodat die jongste ten minste die merkerskursus kon voltooi, siende hy nie die volledige kursus kon bywoon nie. Slaag met vlieënde vaandels.
Werksgewys moet ek ook nou 'n sleutel dra vir die sogenaamde trusted centre waar ons allerhande geheimsinnige goeters doen waaroor ek nie verder mag uitbrei nie, want dan sal ek almal wat hier lees, een vir een moet opspoor en fusilleer. En dit sal 'n tydsame proses wees. Maar ek werk hard, en ek geniet dit.
So is my nuus en bydraes ook nou uiteindelik klaar vir die huidige, maar soos hulle in die Koningin se taal beduie, "Watch this space".
Overs-kadovers!
Groetnis ou Grote! Ons sal weer gesels eendag.

Friday, July 17
Ek het alweer slap gelê...
Is alweer te lank sedert my laaste opdatering. Amper ongeveer 'n maand, kan jy glo! Swak styl, Willeboer! Swak styl!
In ieder geval, dit was nogal 'n besige tydjie sedert my laaste opdatering. So, sonder verdere omhaal van woorde, hier volg 'n breë opsomming vna my lewe van laas tot op datum.
26 Junie, ek word 48. En begin met my rolbal-merker/skeidsregter vlak 1 kursus. Dis koud, dis bewolk, en dis my verjaarsdag. So ek en Brad is Militêr se rolbalklub toe. En ons leer en ons draf klas tot duskant donker. en ons ry terug en die verkeer is horriflippenbaal! So ek bel huis toe en beduie ons gaan sommer Oppistoep besoek vir my se jaarsdag. En ons kuier lekker. Saterdag en Sondag terug na daai klub toe vir die res van ons kursus. So half-volleerd keer ons terug. En Brad, lucky klein so-en-so is op skoolvakansie. Maandag begin ek met 'n C# kursus (Moel-View-Client) by Incus. Vir 'n week. En die kantoor pla my kort kort. Besige hardwerkende week. Tot laat in die middae. En liefie word siek en word afgeboek.
Breek Vrydag aan, en ek ry en gaan haal skoonouers om vir die naweek te kom kuier. En Saterdag vat ek Cherise rolbal toe, laai Mike en Elaine en Danielle op, en terug huiswaarts. En ons kuier en maak potjie. Vat Danielle later die middag terug en laai Cherise weer op. Vat haar die Sondag weer vir haar bolle rol, gaan laai Mike en Elaine af, kry skoonmense en Brad en ry deur Germiston toe om hulle af te laai, en laai Cherise oppad terug weer op. So my naweek was nie juis vol rus nie, maar vol rondjaag.
En so wikkel en woel en werskaf ons deur die week. Kom Saterdag, gaan laai vir Cherise af vir rolbal, jaag rond, en dan is ek en liefie klub toe, vir haar game teen Anna, en ek merk. En ons kuier. Herman, wat ook nie sleg speel nie, kuier lekker saam met ons. En Cherise kom terug, en ons kuier tot laat en huis toe. Sondag vat ek haar deur Pretoria CC toe en gaan kyk bietjie die bolle rol saam. Nogal lekker om weer te kyk. Toe huis toe vir 'n rustige middag.
En die week tot vandag het ook nogal nie te shabby verloop nie. Kom ons hoop die naweek bly ook rustig.
So, dis die gebeure van die afgelope ruk.
Groetnis, ou Grote!

Monday, June 22
Goeiemore, hier volg die nuus gelees, wel geskryf deur die Willeboer
Lekker deurmekaar tye. Laasweek, so op die Vrydag, word by die soutmyne beduie dat daar 'n probleem met onse produkte is, en dat die probleem nie by ons ontstaan het nie, maar by die verskaffers van die produk, en ons in noodmodus moet opereer totdat die probleem hopelik spoedig uitgesorteer is. Vrolike chaos!
So liefie was toe af siek Donderdag, met die hollende siekte, en is toe na die kwak toe, wat beduie sy moet maar lekker vakansie hou vir die res van die week. Oudste dogter blaf so dat hulle haar maar veearts toe neem. Oulike staatsinstelling in Doornpoort ontdek wat nogal heel skaflik funksioneer! Toe is sy al blaffende tuis ook vir 'n improptu langnaweek.
Kom Saterdag, hang rond tuis, vang nie veel aan nie. Vinnig bank toe saam met liefie, en toe maar huiswaarts. Torien se laaitie kom haal haar blikbrein wat ek uitgesorteer het. En dis maar die oggend in 'n neutedop. Besluit toe is dalk tyd om bietjie bolle te loop rol. Liefie en Brad kom toe saam. Daar aangekom besluit hy om maar 'n sosiale rol te rol, en ek en liefie rol maar oefen tot sy moeg is. Kom Johan Barnard en rol verder saam met my 'n klompie bolle. Terug kaya toe, braai 'n varkie, maar niemand is juis honger nie. Dalk te koud? En Eskom skud weer die lading af. FloppenFlippetyFlok.
Sondag is Vadersdag. Wat in ons huis nie veel beteken nie. Eers na liefie vir Brad onthou, maak hy darem 'n koffietjie. Cherise bied darem aan om die kombuis op te ruim en Brad maak roereiers op toast. Danielle kom wys gesig om Pa te kom happy daddydag toewens, so vir 5 minute. Vaar ek maar winkels toe om rakhersteltoerusting aan te skaf. Die hangkaste in ons kamer se rakke wil nie meer rak nie, en ek moet maar inspring. So op Vadersdag. Fieks toe die lot. Tussendeur herlaai ek liefie se blikbrein, want die ding wil nie meer nie. Maak spaghetti a la Johan vir Vadersdagete. Bederf myself jy siet. En spandeer die middag maar deur die blikbrein klaar te laai. Stil aandjie, behalwe weer vir Eksdom, ekskuus, Eskom se gereelde (soos klokslag) ladingskudding. Met gepaardgaande flou verskonings. Al mooi gatvol daarvoor, want petrol vir die jinneryter kos geld!
Nuwe week, sal sien wat hou die week in.
Groetnis ou Grote. Hopelik skud julle krag op Planeet Plot nie so baie nie!

Thursday, June 18
En nog 'n week ...
Bietjie laat, maar darem. En 'n heel skaflike week, met 'n langnaweek in. Laasweek het nie veel gebeur nie, en dit het aanhoudend gebeur. Ek geniet daai rooi kar nog steeds. En gee nie om vir verkeersknope nie. Sit toe mar verlof in vir Maandag die 15e, omdat Dinsdag 'n publieke vakansiedag was. Saterdag net mooi nie veel gedoen nie. Behalwe om te kyk hoe die Bulle weereens verloor. Eina! Sondag vir Brad gevat om sy rolbal game te gaan speel, en rol toe maar 'n paar balle. Braai toe sommer by die klub ook. Maandag net laag gehang en movies gekyk. Dinsdag vroeg op, kids Meyerspark rolbal toe gevat vir 'n fund raiser. Vat toe Mike en Elaine om te gaan shop. Terug huis toe, liefie nie lekker nie, so toe pik ek alleen terug Meyerspark toe. Kom daar, en net so besluit die prez, Marius, dat ek in sy plek derde moet speel vir die middag se 21 koppe. Sjoe! Wat 'n lawwe spul. Leen toe 'n paar Drakes, en verstaan nie mooi van die reguitlopers nie. Kom toe eventueel by en rol die laaste paar koppe redelik skaflik :) Moeg en lyfseer terug huis toe. So die langnaweek was lekker. En uitputtend. Maar grotendeels baie lekker.
En die winter word kouer. En ek geniet dit minder. Baie minder.
Groetnis ou Grote. Koud daar by julle ook?
En die winter word kouer. En ek geniet dit minder. Baie minder.
Groetnis ou Grote. Koud daar by julle ook?
Tuesday, June 9
Van kuier naweke en nuwe karre
So is nog 'n week daarmee heen en is dit nou tyd vir die opdatering oor wat in die Willetroppie se lewens aangaan. En wat 'n week was dit nie. So tussen die hoes en blaf en griep en begin koudkry het ons darem oorleef. Hoogtepunte was:
- Vrydagaand by Mamma en Lulu 'n draai gaan maak om Amanda se stofie vir Willie deur te neem.
- Saterdag vir Cherise gevat dat sy haar oor kan laat deurboor, toe liefie gevat om 'n kleertjie te loop koop, toe die Willetroppie gevat dat my kar deeglik gewas kan word.
- Saterdagaand gaan loop kyk ons Treurgrod van Steve. En dis 'n fliek wat jou onder die gat skop en sê dat jy moet wakker word en die koffiebone ruik. Ons land is in 'n krisis, met die plaasmoorde. En dis nie 'n grap nie, dis ernstig.
- Sondag vroeg op, algar klub toe. Liefie speel singles game en Cherise pairs. Ek merk en Brad leer. En na die tyd kuier ons weer onsself mis. Soos gewoonlik.
- En gister, Maandag, eish. My nuwe wa. Skelrooi, ok, Jupiter Red CLA220 CDI. MOOI. Baie baie mooi. Kompleet met sondak, satnav, en alle bells en whistles om 'n kar 'n motor te maak. Dankie liefie, die Willeboer gaan flippen lekker ry vir die volgende 10 maande!
- En daar was alweer 'n ligte familietwis oor Mamma se interwebs wat deur Edupac betaal word en wat blykbaar bietjie rof oor die limiete was. En almal word beskuldig. Draai toe uit dat dit Windows se auto-updates was wat bietjie groot data gedownload het. Maar nou ja, die familie is uniek.
As for the rest, ek wens net ek kan van die griep ontslae raak, maar dit sal seker nog gebeur. En toe kry ek inflammasie van my linkerskouer (alweer) en dis eina. Maar handevol Ibuprofen en ons is weer amper fighting fit.
Monday, June 1
Oupa met 'n baard
Soos ons weet, slaap ek mos nou langs 'n ouma. En toe kry ons die geleentheid om die naweek te gaan kyk hoe lyk 'n kleinkind. Maar ek loop die storie vooruit...
In laasweek reël liefie toe nou dat ons die afgelope Sondag sal deurry Germiston toe, om klein Mine Janke te gaan loop ontmoet. Dis nou liefie se laaitie JP se dogtertjie by sy voormalige meisie wat hy nog steeds aan-en-af sien. Of so iets. Ons kry foto's van die kleinding en ek sien liefie se hart is baie swaar omdat sy nog nie die kleinding kon vashou nie. Maar so reël sy toe met Chauné en die se moeder (waar klein Mine'tjie bly) dat ons Sondag kan deurkom. So beek die naweek aan. En Saterdag gaan koop ons eers grootmaat kruideniersware aan vir die huis.
Maar voor die kopery stop ons eers by FinForum, want liefie moet gou bank toe. Maar daar was te 'n lang ry, en sy kom terug, en klim sommer by voorbaat in die verkeerde kar in, en beduie vir die geskokte man agter die stuurwiel iets van "Eff dit, die effen ry is te lank! En waar is die effen kinders?" En by verdere ondersoek besef sy die man is baardloos en die kar sit anders. Sy loer na hom en sê in 'n oomblik van wysheid "Jy is nie Johan nie. Skies!" en spring uit met 'n vaart terug om die bakkie om by ons in die kar aan te sluit, waar sy veronderstel is om te wees. Die gelag was onbeheerbaar rof vir die volgende 15-20 minute! Toe Makro toe, koop die kar tjokvol. Terug kaja toe, ontlaai die kar, terug vleismark toe, koop genoeg vleis vir 'n oormag. Kom Beukes-clan daar aan vir die braai, soos bespreek. Kuier baie lekker, maar hier deur die loop van die aand sien ek liefie is nie meer so orraait nie. Beduie sy dat sy baie opsien na Sondag, en vir maatjies Elaine en Mike gevra het om saam te gaan.
En Sondag breek aan. Ek is vroeg op, laai Brad af vir sy rolbal game, en daarna vir Cherise. Ons wikkel deur, tel Mike en Elaine op, en gaat na oupa Tony hulle toe. Sit en drink 'n "dutch-courage", en so kort voor 12 wikkel ons deur om Mine'tjie te loop ontmoet.
Liefie is so overwhelmed, sy vergeet om weg te hol of te huil. En sy onthou soortvan hoe om 'n baba vas te hou :) Die oupa in my kom sterk na vore en ek hou vas soos 'n ou hand. Voer, skud, skommel, en koer. Elaine neem net foto's soos 'n wafferse paparazzo, om die oomblik te verewig. En my hart swel soos nog iets.
En te gou is ons kuier-uur verby. Ons groet, en ry in stilte terug. Elkeen met eie gedagtes.
En dis hoe die oupa met die baard sy klein knoppie ontmoet het. Plekkie in my hart.
Oupa met 'n baard. Soos oupa's moet hê.
Groetnis ou Grote, Van oupa tot oupa.

Monday, May 25
Flu-season en hoes-hoes
Donderdag het ek begin goor voel, en liefie besluit ek moet maar eerder Vrydag tuis bly en dokter toe gaan. So is ek toe nie Vrydag werk toe nie, maar eerder dokter toe met wat ek voel die begin van 'n grieperige gevoel is. Beduie sy ek moet maar net pille kry en dan net rustig die naweek tuis bly. As if that's going to happen...
Saterdag rustig, en toe rolbal toe. Speel my game, kry my gaai mooi geskop (21-2). Merk 'n game. Liefie verloor haar game 21-1, maar vat baie lank want sy staan hulle so een-een af.. Drink 'n bier of so, en huis toe. Lekker groot vuur gemaak. En klein stukkie vleis gebraai. En Sondag sommer net sleg rondgehang en absoluut niks gedoen nie. Soos dit hoort. Want ek voel maar goor en vol notte.
En nou is dit Maandag en ek sit by die werk en my kop voel dik en die neus loop en die warmte agter my oë voel warm en ek voel nie juis baie opgewonde oor die lewe nie. So die gaan 'n lááng week wees.
Sal maar sien hoe ek dit maak :)
Groete ou Grote, en jammer om van die een brakkie te verneem. Darem is Swieties nog in die rondte..

Monday, May 18
Ek raak uit titels uit.. Ouderdom.
En so kom ons by nog 'n opdatering van wat in die lewe van Willeboer (dis nou die uwe) en sy groepie gesinslede aan die gang is. Ja ek weet dis vervelig, maar ten minste maak dit my onthou wat in my lewe gebeur en/of aangaan :)
Raait, hier is dit:
Raait, hier is dit:
- Word toe gevra of ek my Saterdag singles Vrydagmiddag kan speel. Kry af by werk, gaan klub toe, en kry goeie draggie slae by Marius R. 21-1. My een punt in die 2de kop opgetel. Kon daarna net nie terugkom nie.
- Vat Saterdag Mike en Elaine om te gaan shop. Shame, hulle sukkel erg sonder 'n kar!
- Saterdag gemerk terwyl liefie en Riana hulle game klaarmaak, liefie verloor 21-16, wat damn goed is! Kuier lekker by die klub tot laterig. Blykbaar het 32Bn hulle reunie ook daar gehou.
- Sondag net rustig gevat en Buries se Swarra se pc reggetjommel. In ruil vir die hek wat laasweek herstel is.
- My jongste en enigste beduie Donderdag dat haar liefdeslewe oppetjorts is. Duidelik moet die laaitie wat haar hartjie gebreek het, oppas. Sy knieë gaan baie ernstig verniel word as ek hom teëkom!
En dis in kort alles wat in my saai lewe gebeur het. Hopelik is daar bietjie meer opwinding in die toekoms, alhoewel ek die rustige stilte waardeer.
Groetnis! En vir jou ou Grote!
Tuesday, May 12
Weeklikse update
Ek het besluit ek wil weekliks die ding update om die hoofgebeure van die afgelope week/naweek in te sluit. So, without much further ado, hier volg die nuus soos verskaf deur die uwe, Willeboer:
- Afgelope naweek weer by rolbal, liefie saamgevat. Sy het vir die 1ste keer punte in 'n wedstryd aangeteken. 4 skote na 8 koppe. Not too shabby! Maar toe raak haar rug seer en die opponent bietjie omgesukkel asl liefie sit. En liefie verloor konsentrasie as die rug seer word. So die game is dus uitgestel.
- Sondag was moedersdag. En op 'n besluit deur die feeskomitee (is nou ek en liefie) het ons besluit om sommer maatjies te nooi vir pot. Hoenderpot, dit is. Gaat haal ek toe vir Mike en Elaine en Saarkie, en laai vir Blondie op. Ons bou hoenderpotte en kuier te lekker. One way om moedersdag lekker te maak! Net jammer die kids het besluit dat dit net 'n gewone dag is, en niks vir hulle ma wou doen nie. Maar nou ja, so is dit maar seker.
- En die res van die week? Koue is in aantog, en die winter lê voor. Yuck, superyuck.
So dit was die nuus soos gelees en geskryf deur Willeboer.
Gegroet ou Grote! Sien darem jou wyfie gesels af en toe met die mense op bakkiesboek!
Thursday, May 7
Nuwe lewe.
En toe vind ek uit ek slaap nou langs 'n ouma. JP se babadogtertjie is gister gebore. Maar omdat die girl dink Liefie is die duiwel se eige bloed, is ons nie juis included in die feesvieringe nie. En JP mag slegs per besoek sy kind sien. Shame. Wonder of die kind eendag in ons lewens sal feature, en of ek ooit 'n regtige oupa vir 'n kleinkind sal kan wees, kompleet met die bederf, en alles.
Maak nogal iewers diep binne effens seer. Maar nou ja, dis maar seker hoe die lewe is.
Voel soms ek wil vir Liefie vat en verdwyn na ver weg waar ons net sonder kontak van almal kan wees en waar niemand ons binneste kan omkrap nie. Maar dis ons nie beskore nie. Verantwoordelike ouers, dis wat ons is.
Groetnis ou Grote, van een oupa na 'n ander. Ten minste het jy meer geredelik toegang tot jou kleinkinders, ne?

Tuesday, May 5
Bolle rol en lankstaan
So breek 1 Mei toe aan, en Cherise moet gaan kompetisie speel. Ons almal tou maar af Wingate toe en sit rustig. Volgende oomblik beduie die mense daar hulle soek merkers. Ek seg nog so ewe maar my skoene is nie reg nie, toe work ek vertel maar my skoene sal nie probleme veroorsaak nie, ek moet merk. En daar is ek pens en pote in die son. Heeldag. Met 'n denim, bruinerige hemp en my werkskoene. En die son skyn. Darem my sonbril byderhand. En ek staan en ek merk. 3 rondtes. In die son. Kry darem na elke game 'n bier vir my moeite :) Einde van die dag is ek stokflou. Word vertel ek moet die Saterdag ook merk, asjoublief. Trek net whites aan ook dankie.
Kom by die huis, maar sommer net hammies en gaan rus. Pootuit.
Saterdag. Vroeg op. Whites aan. Wingate toe. Liefie bly tuis, sy wil leer. Ek en Brad en Cherise is op die baan, ek en Brad merk, sy rol. 2 lang games. Darem die keer 'n hoed saamgevat.
Na die games lekker geginnegaap saam met die rollers, en toe PHSOB klub toe vir die finals. En van daar af huis toe. Sommer net pops en chips vir aandete. Te moeg om nog te dink aan kosmaak!
Kom loer Marius, Joy en Blondie in om Cherise (wat 'n hele paar doppe sterk staan) terug te bring. En kuier. Tot laat.
Sondag net gehang. Potjie gemaak en gerus. Soos ek die hele naweek wou. Maar nou ja, dit was lekker. Uitputtend, maar lekker.
Moral of the story, as mens na enige rolbal game toe gaan, trek maar verkieslik jou whites aan, mens weet nooit wanneer jy betrek word vir 'n game of om te merk nie..
Groetnis ou Grote. Neels wil hê ek moet bietjie kom inloer. Sal maar so maak, of hoe?

Tuesday, April 28
A nice long weekend and an even shorter week
So 'n lekker rustige lang naweek pas agter die rug, en nog een oppad. Naweek was vol rolbal, en rondhang. Saterdag so hier en daar in die huis gevroetel, toe my singles kompetisie gaan speel, en my "unbroken record" behou van al my games verloor :) Die ene was "down the wire", soos hulle sê. 21-20. Daarna gebraai, en gekyk hoe die Bulle nie kanse gebruik nie. Swak.
Sondag net rustig tuis gewees, nie veel gedoen nie.
Maandag weer dit-en-dat gedoen, siende dit 'n vakansiedag was. Oulike vuurstooftop dingetjie gekoop, en toe weer rolbal toe vir oefening. En so 'n paar lang doppe. Vroeg kooi toe.
Nou drie dae se werk, en dan weer lang naweek. Weer vol rolbal, siende Cherise speel BGN kompetisie Vrydag en Saterdag.
Nou ja, ek teken maar eers af. Groetnis ou Grote. Mis jou my maat.

Monday, April 20
Naweke en braai
So is nog 'n naweek op 'n einde. Darem 'n braai saam met Boeta ingewerk, nadat hy weer sy verskyning op die horison gemaak het.
Saterdagoggend kinders by rolbal gaan aflaai, sodat hulle kan oefen. Cherise saam met die colts&fillies, en toe sleep hulle sommer Brad saam. Vir Mike en Elaine gevat om hulle shopping te doen, toe terug huiswaarts. Daar rondgehang en liefie gehelp met haar Android projek. Beukesse het so om en by 3 uur se koers opgedaag, toe is ek en Boeta klub toe om die kinders te loop oplaai. Paar biere daar gedrink en spoedig huiswaarts om te gaan braai. Hulle het sommer oorgeslaap, omdat dit nie goeie idee is om bier te drink en dan te wil bestuur nie...
Sondag 'n massiewe luilekker dag op die opblaasmatras voor die tv deurgebring en movies gekyk. Lekker man, lekker! Is mos hoe 'n naweek geskeduleer moet word.
Behalwe vir die beurtkrag wat nou regtig 'n irritasie raak. Want dis rekenaar-afsit hier van 19:45 af, genny by die deur uithelp, drade regkry en dan sit en wag met die flits tot die krag afgaan so net na 20:00. Elke aand. Pffffft. En dan sit met die lawaai en buurt dophou tot ek die eerste straatligte weer sien aangaan. Dan is dit weer rekenaar-afsit, krag omskakel, genny terugsukkel in die huis in, en dan eers kan ek regmaak vir kooi. En dis enige tyd van so 21:15 deur tot 22:30... Nooit konsekwent met die aanskakel nie.
Wonder of ons ooit weer stabiele krag in die land sal sien.
Rustig wees ou Grote! Hoop julle het ook krag, of kerse!

Friday, April 17
..just another day in Paradise..
Titel van 'n ou Phil Collins liedjie. Just another day in Paradise. Maar net nog 'n dag op hierdie rots wat om 'n geel son spoed. 'n Vrydag nonetheless, so darem naweek wat voorlê.
Wat het die afgelope ruk gebeur?
Wat het die afgelope ruk gebeur?
- Liefie se verjaarsdag, met karaoke aand gevier
- Brad was op rolbal toernooi, het darem nie te sleg gevaar nie
- Cherise is gekies om BGN toernooi te gaan speel
- Danielle is besig met revue
- En ek haal asem en bestaan
Ons was Sondag by Amanda-hulle om Gustav se 21ste te vier, met 'n roerbraai. Glad nie te sleg nie. Darem rustig. En daarna gou by Ma gestop om 'n planthangding teen haar muur op die stoep vas te sit. En toe maar huiswaarts.
Opwindend.. Hou vas jou matras, die opwinding is besig om oor te neem!
En die winter is op hande. Dae raak korter, later lig en vroeër donker. En mens voel die byt in die lug.
En dis al my opwindende nuus vir die week.
Groetnis ou Grote.
Wednesday, April 8
Soms is geen nuus goeie nuus
In my lewe glo ek dat geen nuus soms goeie nuus is, ook in die geval. Want ek het nie juis nuus nie. In elk geval niks waarvan almal nie alreeds weet nie. Want dis maar hoe dit is. Paar interessanthede wat die afgelope ruk gebeur het:
- Liefie en vrind het bietjie uitval gehad, met die gevolg dat hulle nie juis meer baie kom braai nie. Is eintlik hartseer en onnodig, maar nou ja, hy is hardkoppig en heethoofdig.
- Bolle rol kom so op 'n stappie aan.
- Liefie het lipome laat uitsny, lyk amper of iemand haar kop wou afsaag.
- Brad is Bloem toe vir interdistrikte rolbaltoernooi. Kry toe sy Gauteng-Noord halfkleure.
- Cherise het in die finaal van die BGN Novices Dames enkel toernooi gespeel en 2de geëindig. Baie goeie resultaat vir iemand wat net 6 maande speel!
- Beurtkrag is nog steeds deel van ons lewens. Gelukkig vir my kragopwekker wat die huis kan aan die gang hou as Eskom die krag afsit. Wat amper elke aand gebeur.
- Liefie het 'n A-klassie gekry, die nuwe A200. So 'n witte. Dekselse mooi karretjie!
- Van tjom eeue laas gehoor. Wonder soms of dit my aftershave was..
- En van boeta ook lanklaas. Hy werk blykbaar baie uitstedig. Iets met trokke.
- En nou ja, dis al die nuus. Wat nie juis baie nuus is nie.
Ek wonder steeds of dit goed gaan met ou Grote. Beste vir jou my maat!
Tuesday, January 20
Hiert! Kyk wie het besluit om weer te skryf. (Of so iets)
Nou kyk, die ding dat ek net eenmaal 'n jaar (en soms minder) skryf, is sommer twak. Groot twak sê ek jou. Want daar gebeur baie dinge, en dan kan ek dit nie hier op die blok sit nie, want ek vergeet, of raak besig, of is sommer net dêm sleg en lui.
So ek dink ek moet van nou af weekliks op die ding sit en woorde skryf. Want die lewe gaan aan.
Ok, wat het die afgelope (eintlik laas) jaar gebeur:
So ek dink ek moet van nou af weekliks op die ding sit en woorde skryf. Want die lewe gaan aan.
Ok, wat het die afgelope (eintlik laas) jaar gebeur:
- My PH is wonderbaarlik laer. Dokter meen dit is oor ek elke aand pligsgetrou met daai kompressor slaap.
- Liefie het nog 2 honde (Milo en Beertjie) bygekry.
- Brad het Mackie by Ouma gekry toe sy moes trek Avondrus in V-Town toe.
- Cherise is sak en pak terug met haar 3 honde.
- So ons het 9 honde.
- En voëls.
- En 'n kat.
- En visse.
- En 'n skilpad.
- JP is terug Johannesburg toe.
- Die swembad se sonpanele wil nie werk nie, moet pype vervang wat deur die son verniel is.
- My tuin het plante bygekry, dit lyk soos 'n oerwoud.
- Ek het 'n klein karavaantjie gekoop, moet hom nog mooi modify.
- Ek ry nou 'n B200CDI (so 'n blouerige kleur).
- Ek het een moerse hifi 2dehands gekry vir minder as spotgoedkoop.
- En opgegradeer na 'n Explora toe.
- Ek het baie van my besittings afgestaan aan die herverdeling van skatte (sonder medewete of toestemming):
- My groot tent
- Visstokke
- My potjies
- Kompressor
- Sweismasjien
- Brad se fiets
- Ander gereedskap
- Brad het 'n motorfietsie gekry.
- Ek het darem van my gereedskap vervang.
- En 2 potte gekoop.
- Ons het begin rolbal speel by Munies. (Dis vet pret!)
- Kersfees het gekom en gegaan, saam met ons vrinne deurgebring.
- So ook Nuwejaar.
- Ek doen nou C# programmering by die werk ook, het besluit om my spanleier takie eerder te los, en te fokus op programmering. Daar is nie genoeg tyd vir alles nie.
En dit is in 'n neutedop wat die afgelope lang ruk gebeur het. Nogal baie, en ek kon meer gereeld probeer opdateer wat gebeur. So ek meen ek moet maar eerder probeer om weekliks ten minste 'n gedagte of 2 op die bladsy aan te bring.
Life happens when we are too busy making other plans.
Geniet die lewe!
Wonder hoe gaan dit met ou Grote.
Subscribe to:
Posts (Atom)