Sunday, June 20

Ke Nako!

Yes we CAN!

So skop die sokkersirkus toe af met 'n goerse mejuig. Sit die dag verlof in, want ek weet mos hoe kan die Gautengers nie ry op so 'n dag nie. Gaan kyk die openingseremonie by Liefie se werk, en skeddaddel huis toe om die wedstryd tussen BB en Mexico te kyk. Ek maak nog steeds nie uit van hierdie ronne balletjie spel nie, maar het saam geVuvuzela en gejuig toe BB die eerste doel inskop. En my kop laat sak toe Mexico die gelykmaker insool. Toe die totale insinking teen Uruguay. Voel sommer so moedeloos soos die nasie. Maar nou ja, ons gee nie moed op nie. Die Bokke, darenteen, het darem die dinge aan die kook gehou deur die afgelope 2 naweke hulle games te wen. Nou nie baie indrukwekkend nie, maar darem.

Met die gesondheid gaan dit tans so-so. Suiker weer bietjie hoog, bloeddruk op en af, gewig darem mooi stabiel, en aan die val. Slaap beter. Bly beter wakker. Ek hou net glad nie van die winter nie. Vanmore opgestaan met lastige hoesie. Sit tans met krapkeel, toe neus, dik kop, en lyfseer. En dan voel ek nog siek ook.

Vadersdag was darem baie lekker, Rupert hulle was saam met ons kerk toe. Hulle het nie veel van 'n keuse gehad nie. Ons stop 8 uur daar, toe is hulle nog innie kooi. 8:20 is die hele lot van ons kerk toe. Ghibeau preek, en wat 'n wonderlike boodskap oor vaderskap. Gaan lees gerus Ps. 128, maar uit 'n Pa se oogpunt.

Ou Bybie Tjoklits word net ouliker by die dag, en sy is maar erg bederf! Ek wou van meet af mos nie juis die puppy hier gehad het nie, want ek het geweet ek gaan net verlief raak op die dingetjie! Nou daar het ons dit nou!

Intussen het ek en Tjomma 'n uitval gehad, nadat hy aangejaag het. Toe gaan hy en veroorsaak dat Schernal sy werk op 'n lelike wyse verloor. Net omdat hy my wil spite. Nee Tjomma, mens maak nie so nie. Ek sou jou nooit so drop nie, maar jy het my erg gedrop.

Other than that, Mr President, how was the show?

Dit gaan bietjie lastig met die kontantvloei op die stadium, meer gate as toemaakgoed. So ons byt maar vas en vertrou op die Here. Intussen help ons hoe en waar ons kan.

Maar soos die 4de vers van die Stem dit altyd so wonderlik gestel het:

Op U almag vas vertrouend
Het ons vadere gebou.
Gee ook ons die krag o Here
om te handhaaf en te hou...
Dat die erwe van ons Vad're
vir ons kinders erwe bly
Knegte van die Allerhoogste
Teen die hele wereld vry!
Soos ons Vadere vertrou het,
Leer ook ons vertrou O Heer:
Met ons land en met ons nasie
Sal dit wel wees: GOD REGEER!!!

Here, ons buig die knie voor U, en verklaar weer vanaand: Ek en my huis, ons sal die Here dien!

Lekker slaap!

Nag ou Grote!