Sunday, June 17

Is dalk weer tyd...

Nou ja, 'n paar jaar het verloop sedert ek laas hier gegriffel het. Darem hou ek 'n daaglikse dagboek by van gebeure in my lewe. En 'n besige lewe is dit gewis. Opdraendes en afdraendes. Rollercoaster ride bar none.

Van die belangrikste gebeure was:

  • Ek het 50 geword. Halfeeu. Oud. Maar nog nie koud.
  • Danielle is op varsity, swot om suster te word.
  • Liefie het paar draaie in die siekeboeg uitgevoer. En elke keer met groot gejuig duskant die pêrelhekke omgedraai. Laaste ene was om 'n gogga uit haar bobeen te sny wat haar haar been of lewe kon kos.
  • Ek het ons rolbalklub se vise-president geword.
  • Ek het vir 'n kort wyle as die ontspanningsklub se voorsitter waargeneem.
  • Ek is op die BGN se Tegniese Beampte staande komitee.
  • Ons rolbalklub se kombuis het afgebrand, maar onder my waarnemende voorsitterskap is daar 'n nuwe kombuis tot stand gebring.
  • Ek is nou nie meer 'n terminaal sagteware skrywer nie, maar 'n stelselsagteware ontwikkelaar.
  • Ek is al amper 2 jaar onder skuldberading om te help om my skuld uit te wis. Dit gaan nog so 10 jaar vat, maar ek byt vas.
  • Cherise bly steeds onder ons dak. Gelukkig het sy werk.
  • Brad het goeie werk as elektrisiën vakleerling gekry, besig met sy N-studies.
  • Ek kry steeds elke 10 maande 'n nuwe kar. Het nou al 'n B-klas, GLA-klas en nou nuwe A-klas. Almal diesel modelle. Oor die petrolprys.
  • Beurtkrag is darem verby.
  • Vriende kom en gaan.
  • Moeder bly nou in 'n ouetehuis in Boksburg, te wete Witfieldpark.
Vir die res is dit same old, same old. Ons het ou Porktjop verloor so 'n jaar of wat gelede, so nou het ons net 8 honde, moerske lot voëls, skilpad en visse. Regte dieretuin. Gewig en bloeddruk is mooi konstant, die PH is onder beheer, ek slaap steeds met my masjien.

En dis alweer winter, en my 51ste verjaarsdag is oppad. Life goes on and on and on.

En ek rook pyp. Kompleet met my bosbaard lyk ek nou soos 'n regte Willeboer... 

So die lewe is interessant en besig. 

Ek sal bietjie meer gereeld probeer dinge neerpen op hierdie blok, sodat mense in die toekoms kan loer en sien wat het alles in my lewe gebeur...

Groetnis van huis tot hus!

No comments: