Monday, April 20

Naweke en braai

So is nog 'n naweek op 'n einde. Darem 'n braai saam met Boeta ingewerk, nadat hy weer sy verskyning op die horison gemaak het.

Saterdagoggend kinders by rolbal gaan aflaai, sodat hulle kan oefen. Cherise saam met die colts&fillies, en toe sleep hulle sommer Brad saam. Vir Mike en Elaine gevat om hulle shopping te doen, toe terug huiswaarts. Daar rondgehang en liefie gehelp met haar Android projek. Beukesse het so om en by 3 uur se koers opgedaag, toe is ek en Boeta klub toe om die kinders te loop oplaai. Paar biere daar gedrink en spoedig huiswaarts om te gaan braai. Hulle het sommer oorgeslaap, omdat dit nie goeie idee is om bier te drink en dan te wil bestuur nie...

Sondag 'n massiewe luilekker dag op die opblaasmatras voor die tv deurgebring en movies gekyk. Lekker man, lekker! Is mos hoe 'n naweek geskeduleer moet word.

Behalwe vir die beurtkrag wat nou regtig 'n irritasie raak. Want dis rekenaar-afsit hier van 19:45 af, genny by die deur uithelp, drade regkry en dan sit en wag met die flits tot die krag afgaan so net na 20:00. Elke aand. Pffffft. En dan sit met die lawaai en buurt dophou tot ek die eerste straatligte weer sien aangaan. Dan is dit weer rekenaar-afsit, krag omskakel, genny terugsukkel in die huis in, en dan eers kan ek regmaak vir kooi. En dis enige tyd van so 21:15 deur tot 22:30... Nooit konsekwent met die aanskakel nie.

Wonder of ons ooit weer stabiele krag in die land sal sien.

Rustig wees ou Grote! Hoop julle het ook krag, of kerse!

No comments: