Sunday, April 13

Guess who is back in town....

Goodness gracious!

Skandes! Dis te lank sedert ek hier my vingers aan 'n sleutelbord laat raak het. Hoog tyd om my klein hoekie van die interwebs weer aan die gang te sit!

En hier volg die nuus:

  • Ek is nou 'n "team leader" by die werk met 2 mense wat aan my rapporteer
  • Altwee die ouer kinders het teruggetrek sak en pak (alhoewel blykbaar tydelik)
  • Huis vol honde (Cherise se 3 en ons 4)
  • Klein vistenk met vissies in die kombuis
  • Voëlhokke staan sterk
  • Uiteindelik my "big screen" gekry
  • Bokwa verkoop
  • Ry nou Merc C250 CDI Coupé (my midlife crisis kar :) )
  • Het van omtrent brandarm na omtrent ok gegaan
  • Liefie het vir ons elkeen 'n Lenovo 10" tablet gekry
  • My PH het verbeter
  • E-tol is geïmplementeer, en ek bly 'n aktivis teen die hele stelsel, al is ek geforseer om 'n e-dingetjie teen my ruit te hê, omdat ek 'n "leased car" ry
  • En dis omtrent dit.


As for the rest, alive and kicking. En ek belowe om my blog bietjie meer gereeld te opdateer, en dalk 'n foto of 3 van my vuurtjies te publiseer :)

En dis al.

Nag ou Grote, hoop dit gaan goed op Planeet Plot!