Thursday, February 16

Onaanvaarbare gedrag!

Dis onaanvaarbaar dat ek so lanklaas my keel hier skoongemaak het! Genade mense, dis pure luigeite! Ek meen, ons is deur die rugby wêreldbeker (onsuksesvol), Kersfees en Nuwejaar, en ek het wraggies niks geskryf oor wat in die lewe van die Willeboer en sy kudde aangaan nie! Sleg, seg ek jou, sleg!

Maar nou ja, genoeg met myself geraas.. Hier volg 'n kort opsomming van gebeure sedert my vorige inskrywing:

  • Liefie se oogoperasies was reuse sukses, sy kan nou mooi sien en dink ek is darem nie te lelik nie.
  • Was op reunie van so 'n klein groepie skoolvrinne, en dit was great om so 'n paar van die gesigte na 'n kwarteeu weer te sien.
  • Nuwe tweedehandse tent (massief groot) gekoop vir appel en ei. (Eintlik halwe appel en kwart ei). Ingewy met visvangnaweek by Mar-Leo oord by Roodeplaatdam.
  • Jaarlikse doktersbesoek was baie bevredigend. Cholestrol is LAAG! Bloeddruk is 100% ok. Suiker is totaal onder beheer. En niks anders is buite perke nie. Dokter is actually baie gelukkig met my progress. Gewig is nog so bietjie hoog, maar met die halfton wat ek al afgeskud het, voel ek sommer goed.
  • Mal besig by die werk, maar ek hou kop bo water en dit betaal die kar en huis.
En dis basies in 'n neutedop wat die afgelope ruk in my lewe gebeur het. Nie juis baie opwindend nie, maar eerder 'n saai lewe as ene wat so opwindend is dat mens nie eens kans kry om asem te haal nie. Die ou Chinese het mos 'n "curse" gehad wat seg "May you live in interesting times"...

Groete vir eers, die werk roep.

Dag ou Grote! Mis julle!