Wednesday, September 30

Is dit alweer lente?

Mens kan nie glo hoe die tyd vlieg nie! Maak skaars jou oge toe dan is die winter verby, is lente, al die veld is vrolik, en al die tipe van dinge. Nog 'n winter oorleef. En nou lê 'n nuwe lente en somer voor.

En soos gewoonlik eers deurdraf wat alles gebeur het die afgelope ruk.

Niks.

OK, niks van belang nie. Behalwe ons effense skrik met 'n moesie wat uit liefie se rug gesny is, en nie 'n gesonde moesie was nie. Gelukkig het die dokter die hele ding uitgekry, one time, once.

Werk, leef, eet, werk, slaap, leef, eet, rolbal, leef, slaap, braai, kuier, eet, en herhaal.

Ek leer by die werk meer van C#. En ons baas het bedank, so Gavin is ons nuwe baas. For de time being.

En dis weer rugby wêreldbeker, in Engeland.

En ons eerste game teen Japan verloor ons. Met 2 punte. WTF!
En ons tweede game teen Samoa wen ons. Oortuigend.
Curiouser and curiouser, soos ou Alice sou sê na sy deur die spieël geval het.

O ja, ek het besluit om die tegnologie van Linux op my huis PC aan te hang nadat Windows 10 op my afgedwing is, en dit die grootste robbies suid van die Noordpool is. Nou ontplof my rekenaar baie minder.

Kom somer, is tyd vir braai! (Asof ek nie alreeds vir ewig braai nie...)

Nou ja, dis al vir nou. Hopelik gebeur daar meer nuus in die nabye toekoms.

Groetnis ou Grote!

No comments: