Wednesday, April 8

Soms is geen nuus goeie nuus

In my lewe glo ek dat geen nuus soms goeie nuus is, ook in die geval. Want ek het nie juis nuus nie. In elk geval niks waarvan almal nie alreeds weet nie. Want dis maar hoe dit is. Paar interessanthede wat die afgelope ruk gebeur het:


  • Liefie en vrind het bietjie uitval gehad, met die gevolg dat hulle nie juis meer baie kom braai nie. Is eintlik hartseer en onnodig, maar nou ja, hy is hardkoppig en heethoofdig.
  • Bolle rol kom so op 'n stappie aan.
  • Liefie het lipome laat uitsny, lyk amper of iemand haar kop wou afsaag.
  • Brad is Bloem toe vir interdistrikte rolbaltoernooi. Kry toe sy Gauteng-Noord halfkleure.
  • Cherise het in die finaal van die BGN Novices Dames enkel toernooi gespeel en 2de geĆ«indig. Baie goeie resultaat vir iemand wat net 6 maande speel!
  • Beurtkrag is nog steeds deel van ons lewens. Gelukkig vir my kragopwekker wat die huis kan aan die gang hou as Eskom die krag afsit. Wat amper elke aand gebeur.
  • Liefie het 'n A-klassie gekry, die nuwe A200. So 'n witte. Dekselse mooi karretjie!
  • Van tjom eeue laas gehoor. Wonder soms of dit my aftershave was..
  • En van boeta ook lanklaas. Hy werk blykbaar baie uitstedig. Iets met trokke.
  • En nou ja, dis al die nuus. Wat nie juis baie nuus is nie. 
Ek wonder steeds of dit goed gaan met ou Grote. Beste vir jou my maat!

No comments: