Tuesday, April 28

A nice long weekend and an even shorter week

So 'n lekker rustige lang naweek pas agter die rug, en nog een oppad. Naweek was vol rolbal, en rondhang. Saterdag so hier en daar in die huis gevroetel, toe my singles kompetisie gaan speel, en my "unbroken record"  behou van al my games verloor :) Die ene was "down the wire", soos hulle sĂȘ. 21-20. Daarna gebraai, en gekyk hoe die Bulle nie kanse gebruik nie. Swak.

Sondag net rustig tuis gewees, nie veel gedoen nie.

Maandag weer dit-en-dat gedoen, siende dit 'n vakansiedag was. Oulike vuurstooftop dingetjie gekoop, en toe weer rolbal toe vir oefening. En so 'n paar lang doppe. Vroeg kooi toe.

Nou drie dae se werk, en dan weer lang naweek. Weer vol rolbal, siende Cherise speel BGN kompetisie Vrydag en Saterdag.

Nou ja, ek teken maar eers af. Groetnis ou Grote. Mis jou my maat.

No comments: