Tuesday, January 20

Hiert! Kyk wie het besluit om weer te skryf. (Of so iets)

Nou kyk, die ding dat ek net eenmaal 'n jaar (en soms minder) skryf, is sommer twak. Groot twak sê ek jou. Want daar gebeur baie dinge, en dan kan ek dit nie hier op die blok sit nie, want ek vergeet, of raak besig, of is sommer net dêm sleg en lui.

So ek dink ek moet van nou af weekliks op die ding sit en woorde skryf. Want die lewe gaan aan.

Ok, wat het die afgelope (eintlik laas) jaar gebeur:

  • My PH is wonderbaarlik laer. Dokter meen dit is oor ek elke aand pligsgetrou met daai kompressor slaap.
  • Liefie het nog 2 honde (Milo en Beertjie) bygekry. 
  • Brad het Mackie by Ouma gekry toe sy moes trek Avondrus in V-Town toe.
  • Cherise is sak en pak terug met haar 3 honde.
  • So ons het 9 honde.
  • En voëls.
  • En 'n kat.
  • En visse.
  • En 'n skilpad.
  • JP is terug Johannesburg toe.
  • Die swembad se sonpanele wil nie werk nie, moet pype vervang wat deur die son verniel is.
  • My tuin het plante bygekry, dit lyk soos 'n oerwoud.
  • Ek het 'n klein karavaantjie gekoop, moet hom nog mooi modify.
  • Ek ry nou 'n B200CDI (so 'n blouerige kleur).
  • Ek het een moerse hifi 2dehands gekry vir minder as spotgoedkoop.
  • En opgegradeer na 'n Explora toe.
  • Ek het baie van my besittings afgestaan aan die herverdeling van skatte (sonder medewete of toestemming):
    • My groot tent
    • Visstokke
    • My potjies
    • Kompressor
    • Sweismasjien
    • Brad se fiets
    • Ander gereedskap
  • Brad het 'n motorfietsie gekry.
  • Ek het darem van my gereedskap vervang.
  • En 2 potte gekoop.
  • Ons het begin rolbal speel by Munies. (Dis vet pret!)
  • Kersfees het gekom en gegaan, saam met ons vrinne deurgebring.
  • So ook Nuwejaar.
  • Ek doen nou C# programmering by die werk ook, het besluit om my spanleier takie eerder te los, en te fokus op programmering. Daar is nie genoeg tyd vir alles nie.
En dit is in 'n neutedop wat die afgelope lang ruk gebeur het. Nogal baie, en ek kon meer gereeld probeer opdateer wat gebeur. So ek meen ek moet maar eerder probeer om weekliks ten minste 'n gedagte of 2 op die bladsy aan te bring.

Life happens when we are too busy making other plans.

Geniet die lewe!

Wonder hoe gaan dit met ou Grote.