Friday, July 9

Die einde... of is dit?

So breek die laaste naweek van die FIFA 2010 sokkerwêreldbeker aan. (Wonder of die FIFA-polisie my gaan verplig om daai sin te verander!) Holland vs. Spanje. Wie sou ooit kon dink! Deutschland, Deutschland unter alles! Die lot Duistertjies so opgetrek hulle is sommer algar huis toe.

En dit oor ou Paul die seekat. Blykbaar het hy om politieke asiel aansoek gedoen in Spanje. Waar hulle nie weer paella sal eet nie..

En ou Jackie is skullig. Morgan Freeman kom blykbaar weer 'n film hier maak. Gebaseer op Jackie Selebi se lewe. ConVictus.

Intussen nog niks weer van ou Grote se gesondheid gehoor nie. En ek bly maar bekommerd oor die ou beer.

Die lewe is maar een moerawiese rollercoaster ride. Soms wonder ek of hulle die spoor gaan voltooi!

En van Maandag af is dit back to normal op ons paaie... Padwerke word hervat, almal terug van vakansie af, so dis weer ongeorganiseerde chaos, frustrasies, tydmors, skree, skel, en dis net tot ek by die hek uit is. Dan begin die moeilikheid eers.

Ek gaat nou inkruip. Ek is gatvol moeg vir die winter.

Nag ou Grote! Word gou beter.

Sunday, July 4

Sunday Evening, all is well

We've lived through another week, the soccer quarterfinals have come and gone, dreams were made and destroyed, and we are all still alive. A weekend without rugby, though. BORING! Darem kans gehad die naweek om my garage/werkswinkel/stoorplek/speelplek te tackle, saam met die ingelsman, en Boeta. Eintlik Boeta se inspirasie met sy garage wat my oortuig het dat ek bietjie weer myself na myself toe moet bymekaarmaak, en ophou Jona speel.

Toe preek 'n gasprediker vanmore ook nog oor Jona. How apt!

Gesondheid is nog OK, voel bietjie gorerig, maar daar is nie kans vir siekword nie. Te veel werk in die pyplyn... Dan moet ek nog sometime die kardioloog loop besoek. Sal maar wag tot liefie dit organize. As for the rest, same old, same old. Wens net die winter wil vinniger wyk. Ek kry koud.

En dis maar dit.

Nag ou Grote. Beterskap!

Thursday, July 1

Koud is die windjie en skraal...

Kyk, ek is nou redelik gatvol vir winter. Dis koud. Dis nie lekker nie. Ek hou nie van winter nie. My neus kry koud. My rug kry koud. Alles is koud. Ek verkies die somer, want as mens warm kry, is daar 'n swembad om in af te koel. In die winter moet mens binne bly. En vir 'n buitelug ou soos ek is dit moord.

Bafana het dit toe, soos verwag, nie juis verby rondte 1 gemaak nie. Darem dapper probeer! Frankryk, Ingeland, en die Taljaaners is huis toe met die kous oor die kop. Kry vir julle!

My tjomma met die raasbike het ook nou 'n spoegblok begin. Die Witbobbejaan se Werf. Lees gerus. Hy raak interessante dinge kwyt.

Liefie pak alweer huis reg, nou dat ons die huishulp maar moes laat gaan. Sy is in elk geval 'n onbekostigbare luxury. En die skottelgoedwasser (die lektriekse ene) het die gees gegaf. So dit gaan weer baie gelte kos. Wat ek nie het nie. En Cherise is ook weer sonner joppie. En Schernal nog steeds. Ek voel al effe soos 'n papgeslaande slaansak.

Darem is my internet weer oppie lug. Dankie liefie vir jou baie rondbel en organize. Dit gaan nie ongesiens verby nie.

En Tjoklitsbaba word net ouliker. Nie gedink ek sal ooit kan mal raak oor 'n skootbrak nie. Maar die ding het totaal my oorrompel met haar cuteness. Auk!

Ek dink Saterdag is dit ek en my studeerkamer. Ek wil die ding regpak. Gou.

En ek sukkel met my gewigsverlies. Plato bereik, en kan nie deurbreek nie. Hartstigting 3 dae dieet gekry. Sal Maandag tot Woensdag die ding volg en kyk wat die gevolge is. Mens doen hom3 dae, eet 4 dae normaal (GESOND!!!!!) en herhaal. Soos hare sjampoe. Wash, rinse, repeat. Met 8 glase water per dag. My dieetpilletjies het mooi gewerk, maar die mediese fonds betaal hulle nie, en ek moes besluit tussen rekeninge betaal en die pille. Toe wen die rekeninge maar.

Bloeddruk is maar nog baie wisselvallig. Kan nie meer meet en reguleer nie, metertjie het ook sy gaai gesien. Bloedsuiker wissel 6.5 tot 8, sukkel daarmee ook. Geen idee van cholesterol nie. Dan moet ek nog kardioloog toe op aandrang van my dokter. Ek wag net dat liefie die afspraak maak...

Dalk moet ek maar net 'n goeie veearts kry om my maar uit te sit?

Intussen het ou Grote homself into contention geval. Ek worry oor die ou. Hy is nie meer spring chicken nie, maar hoor is min....

En dis genoeg vir eers. Vandag se inskrywing geborg deur die letter X en die kleur Groen. (Wat dit ookal mag beteken. Ek weet self nie. Weer my mind wat op sy eie mission is)

Ciao, mes amis!

Nag ou Grote. Word gou gesond!