Tuesday, April 28

A nice long weekend and an even shorter week

So 'n lekker rustige lang naweek pas agter die rug, en nog een oppad. Naweek was vol rolbal, en rondhang. Saterdag so hier en daar in die huis gevroetel, toe my singles kompetisie gaan speel, en my "unbroken record"  behou van al my games verloor :) Die ene was "down the wire", soos hulle sê. 21-20. Daarna gebraai, en gekyk hoe die Bulle nie kanse gebruik nie. Swak.

Sondag net rustig tuis gewees, nie veel gedoen nie.

Maandag weer dit-en-dat gedoen, siende dit 'n vakansiedag was. Oulike vuurstooftop dingetjie gekoop, en toe weer rolbal toe vir oefening. En so 'n paar lang doppe. Vroeg kooi toe.

Nou drie dae se werk, en dan weer lang naweek. Weer vol rolbal, siende Cherise speel BGN kompetisie Vrydag en Saterdag.

Nou ja, ek teken maar eers af. Groetnis ou Grote. Mis jou my maat.

Monday, April 20

Naweke en braai

So is nog 'n naweek op 'n einde. Darem 'n braai saam met Boeta ingewerk, nadat hy weer sy verskyning op die horison gemaak het.

Saterdagoggend kinders by rolbal gaan aflaai, sodat hulle kan oefen. Cherise saam met die colts&fillies, en toe sleep hulle sommer Brad saam. Vir Mike en Elaine gevat om hulle shopping te doen, toe terug huiswaarts. Daar rondgehang en liefie gehelp met haar Android projek. Beukesse het so om en by 3 uur se koers opgedaag, toe is ek en Boeta klub toe om die kinders te loop oplaai. Paar biere daar gedrink en spoedig huiswaarts om te gaan braai. Hulle het sommer oorgeslaap, omdat dit nie goeie idee is om bier te drink en dan te wil bestuur nie...

Sondag 'n massiewe luilekker dag op die opblaasmatras voor die tv deurgebring en movies gekyk. Lekker man, lekker! Is mos hoe 'n naweek geskeduleer moet word.

Behalwe vir die beurtkrag wat nou regtig 'n irritasie raak. Want dis rekenaar-afsit hier van 19:45 af, genny by die deur uithelp, drade regkry en dan sit en wag met die flits tot die krag afgaan so net na 20:00. Elke aand. Pffffft. En dan sit met die lawaai en buurt dophou tot ek die eerste straatligte weer sien aangaan. Dan is dit weer rekenaar-afsit, krag omskakel, genny terugsukkel in die huis in, en dan eers kan ek regmaak vir kooi. En dis enige tyd van so 21:15 deur tot 22:30... Nooit konsekwent met die aanskakel nie.

Wonder of ons ooit weer stabiele krag in die land sal sien.

Rustig wees ou Grote! Hoop julle het ook krag, of kerse!

Friday, April 17

..just another day in Paradise..

Titel van 'n ou Phil Collins liedjie. Just another day in Paradise. Maar net nog 'n dag op hierdie rots wat om 'n geel son spoed. 'n Vrydag nonetheless, so darem naweek wat voorlê.

Wat het die afgelope ruk gebeur?


  • Liefie se verjaarsdag, met karaoke aand gevier
  • Brad was op rolbal toernooi, het darem nie te sleg gevaar nie
  • Cherise is gekies om BGN toernooi te gaan speel
  • Danielle is besig met revue
  • En ek haal asem en bestaan
Ons was Sondag by Amanda-hulle om Gustav se 21ste te vier, met 'n roerbraai. Glad nie te sleg nie. Darem rustig. En daarna gou by Ma gestop om 'n planthangding teen haar muur op die stoep vas te sit. En toe maar huiswaarts. 

Opwindend.. Hou vas jou matras, die opwinding is besig om oor te neem!

En die winter is op hande. Dae raak korter, later lig en vroeër donker. En mens voel die byt in die lug.

En dis al my opwindende nuus vir die week.

Groetnis ou Grote. 

Wednesday, April 8

Soms is geen nuus goeie nuus

In my lewe glo ek dat geen nuus soms goeie nuus is, ook in die geval. Want ek het nie juis nuus nie. In elk geval niks waarvan almal nie alreeds weet nie. Want dis maar hoe dit is. Paar interessanthede wat die afgelope ruk gebeur het:


  • Liefie en vrind het bietjie uitval gehad, met die gevolg dat hulle nie juis meer baie kom braai nie. Is eintlik hartseer en onnodig, maar nou ja, hy is hardkoppig en heethoofdig.
  • Bolle rol kom so op 'n stappie aan.
  • Liefie het lipome laat uitsny, lyk amper of iemand haar kop wou afsaag.
  • Brad is Bloem toe vir interdistrikte rolbaltoernooi. Kry toe sy Gauteng-Noord halfkleure.
  • Cherise het in die finaal van die BGN Novices Dames enkel toernooi gespeel en 2de geëindig. Baie goeie resultaat vir iemand wat net 6 maande speel!
  • Beurtkrag is nog steeds deel van ons lewens. Gelukkig vir my kragopwekker wat die huis kan aan die gang hou as Eskom die krag afsit. Wat amper elke aand gebeur.
  • Liefie het 'n A-klassie gekry, die nuwe A200. So 'n witte. Dekselse mooi karretjie!
  • Van tjom eeue laas gehoor. Wonder soms of dit my aftershave was..
  • En van boeta ook lanklaas. Hy werk blykbaar baie uitstedig. Iets met trokke.
  • En nou ja, dis al die nuus. Wat nie juis baie nuus is nie. 
Ek wonder steeds of dit goed gaan met ou Grote. Beste vir jou my maat!