Saturday, August 27

Dis heerlike lente, die winter's verby...

Weer nodig die velde vir jou en vir my... het ons as kinders gesing wanneer die winter einde se kant toe staan. En vandag voel geen uitsondering nie. Dis heerlik warm, ek het die swembadpomp se lekkende pyp gefieks, en die swembad mooi gelykvol getap. Nou net die Pratley Putty laat droog word en dan kyk of die ding ophou lek het. Anders maak ons maar 'n plan B. En dan moet ek maar die pomp bietjie laat hardloop sodat die son die panele kan warm maak, en die warm panele die water kan warm maak, en die water die swembad swembaar kan maak. Want ek swem nie in koue water nie. Dis teen my beginsels.

Intussen het ons duiwe uiteindelik dit reggekry om 'n eier uit te broei. Die lelikste kuiken wat ek al ooit in my lewe gesien het! Maar sal seker mooier raak soos die tyd aanstap.

En by die werk gaan dit maar soos altyd vrekbesig. At least betaal dit die verband en die kar! Willevroutjie swot hard en dit lyk heel goed. Sy gaan die week vir ooglensvervanging. Dan gaan sy actually kan sien! Ek is bietjie bekommerd daaroor, want dan gaan sy sien hoe ek regtig lyk, en sê nou sy skrik haarself half dood??

Ek word nog steeds maer, dit gaan net bietjie stadig hier in die winter want oefen en ek is nie groot maats nie, en in die winter is dit gewoonlik nog erger. At least kruip die gramme darem nog afwaarts op die skaal. En die bloeddruk is onder beheer, en die suiker is onder beheer. Wonder net oor die cholestrol. Maar dit sal ons weldra uitvind wanneer dit weer tyd is vir my jaarlikse besoek aan die kwak.

Intussen, geniet die lente, en mag die voorspoed julle verveel!

Lekker dag ou Grote! Hoop daar is 'n paar nuwe lammers op planeet Plot!

Thursday, August 11

So ry die trein

So moes my klein karretjie ingaan vir diens, 2 dae na die Gauspoor tussen Pretoria en Jozi uiteindelik oopgemaak is vir passassiers. Gelukkig is die plek van die karre reg langs die stasie in Pretoria. Gee die kar af, loop so 5 minute, en koop my goue kaart. Klim die trein, en jaag teen 'n gemaklike spoed Sandton toe. Heel gemaklik, heel gerieflik. Kom tjoef-tjaf in Sandton aan, op met al die miljoene roltrappe (omtrent 4 laaaang trappe) van onder af tot bo. Kry die regte bus en kom werk toe. So 5 minute se loop van die busstop tot by die kantoor. Middag selfde roete terug, behalwe die oplaai punt van die bus is so 300m verder weg. Geen probleem. Tjoef-tjaf en ons is terug in die Jakarandastad. Behalwe dat die stem op die trein iewers homself deurmekaar gemaak het, want toe ons reeds deur Midrand is, beduie die stem dat die volgende stop Midrand is. Klim daar mense by Centurion op, en die stem beduie weer dat die volgende stop Midrand is. Spring daai mense amper uit hulle velle om af te klim, maar gelukkig sit ons toe daar en vertel hulle dis nie die waarheid nie, daai stem is effe deurmekaar. Lekker geglimlag daaroor!

En skaars 'n week nadat die diens oopgestel is, besluit die busbestuurders om hulle stuurwiele vir die dag te los. Ek skiem dit was om die langnaweek beter te geniet, my kind.. En toe steel kabeldiewe so 'n lang stuk kabel. Die kabel wat krag vir die trein gee in Pretoria, daar van Hatfield af tot by Centurion. Moes een moerawiese kabel gewees het! :-) En daar staan die trein vir die dag. EISH! The more things change...

En die ingelsman en meisiekind is uitmekaar uit, en sy is sak en pak terug by ons. Haar hartjie seer, maar ek is seker sy sal oorleef. Nou het ons 3 klein brakkies in die huis, want Tjoklits se boetie bly ook nou by ons.

En intussen maak ek my broek se belt al kleiner en kleiner. Want die broek hou aan afval as ek die belt nie styf genoeg vasmaak nie. En dis redelik embarrassing as mens se broek voor ander mense afgly.

En die winter is darem al driekwartpad verby. Nog net so 2.5 weke en dan is dit offisieël lente. Ek hoop net die lente besef dit ook!

En dis al vir vandag.

Lekker dag ou Grote! Wanneer braai ons?

Tuesday, July 19

It's wintertime now...

Is koud. Of in die woorde van een of ander ou bekende digter: Koud is die windjie en skraal... (sal nie die res publish nie, is nie SFW nie).

Ons het die winter tot dusver nogal baie koud gekry. Nog meeste van die jare kon ons op my verjaarsdag die aand buite kuier, want dit was nie snerpend nie. Die jaar moes ons binne sit. Dit was koud. Bitterkoud. So op my 4X4 jaar. My arme liefie sit nou officially met 'n ou man :-) Al sê sy dit nie self nie.

Gewig is nog mooi besig om af te val, klere sit soos sakke. Skoonpa skimp kliphard vir my te groot klere, maar is te lekker om dit te dra en dit wil net afval.

Karavaan is toe verkoop om te help om die gate wat ontstaan het in die persoonlike resessie te stop. Darem 1 minder worry. Al die persoonlike besittings gaan haal, en die wa "bemaak" aan skuldeisers, wat hom kon verkwansel vir die uitstaande skuld.

Met vroulief en kinders gaan dit goed, so goed as wat dit kan gaan. Hulle hou mens net op jou knieë soos mens bly bid dat hulle lewendig en veilig bly.

Bokwa is op soek na heelwat TLC. Die arme ding loop en hik en snik soos 'n brandsiek donkie. Maar regmaak sal maar moet wag tot daar weer 'n bonus is. Intussen ry ek maar met die klein rollercoasterkarretjie rond, en spaar petrol en doen my deel vir die omgewing. For what it's worth...

Nie baie nuus verder nie. Inteendeel, nuus is skaarser as koekies in die weeshuis....

So, tot ek weer my gedagtes probeer neerpen: Dag, ou Grote! Bly gesond hoor?

Wednesday, May 18

X marks the spot

En so breek 18 Mei 2011 aan. En almal gaan staan weer in toue. Om kruisie te trek, siet jy.. Ek en my liefie gaat staat toe ook in so 'n baie lang ry. Gesels met algar rondom ons. Heel feestelike atmosfeer. Ongeveer 'n dagreis te perd later (of so voel dit toe) kom ons uiteindelik in die groot saal aan, en word baie mooi verduidelik wat om te doen. Doet toe so, en beweeg baie snel na die naaste watergat toe. So 'n stemmery maak mens nogal taamlik dors, jy weet!

Intussen het daar baie lank en aanhoudend nie vreeslik baie gebeur nie. Die winter het met mag en mening aangebreek. Ek en liefie ry in onse smartiekarretjies rond en spaar petrol en gee baie klein "carbon-footprints" af. Stamperig, maar gerieflik.

Liefie se meisiekind word toe gisteraand 'n statistiek van die redistribution of wealth program, teen haar sin, toe haar selfoontjie hardhandig deur voorheen-benadeelde-agtergeblewene-insittendes verwyder word (sommer 5 van hulle nodig om 1 selfoon by 'n meisiekind af te neem. Shame!) Sy was uit die aard van die saak redelik getraumatiseerd, en het maar die nag eerder onder my dak as in haar eie kaja deurgebring. Skokkend, seg ek jou, skokkend!

Andersins byt ons maar styf vas. Wit Bojaan het die groot 4X4 getref (in lewensjare) en ek staan kort agter hom. EISH! Ten minste raak die pens kleiner en die klere groter.

Nou ja, tot ek weer iets het om oor te spoeg, staan sterk!

Nag ou Grote! Geniet die kleinkind!

Friday, April 15

Reën reën lieflike reën..

Vrydagaand in Pretoria. Nat, koud, en dis nou eers middel April.. Ek sien 'n nat koue winter wat wag op ons... Koud is die windjie en skraal... Ensomeer. Rooiwyn en kaggelvuur die winter, want verwarmers is uit seders ons hierdie voorafbetaalde lektrieks ingesit het. Aan die eenkant is dit lekker, maar aan die ander kant verkies ek die somer, met son, swem, en koue bier... Ek hou nie van koudkry nie. Het nog nooit nie, sal nooit nie.

Vandag was maar rather 'n waste of makeup. 4 ure gemors om te wag dat my neukenaar besluit of hy Windows 7 se service pack wil installeer aldan nie. Moes op die ou einde terugrol na pre-Service pack instellings. EISH!

Luister Abba op Jakaranda. Is nou sommer so half nostalgies..

En dis maar hoe dit is, soos ou Steve sal sê...

Geniet die naweek, en hou duime vir die Bulle!

Nag ou Grote!


Opdatering Saterdagaand: En daar verloor die Bulle, en dit is KOUD!

Thursday, April 14

My my how time flies!

Goeie hemel! Die jaar se spoed was rather ongeskik tot dusver! Ek kon skaars asemhaal! En toe bly my spoegblok agterweë... En daar het BAIE gebeur sedert laaskeer.

Ko's kyk:

  1. Die Wit Bojaan het getrek. Bly nou nie meer om die hoek van my nie. Hy het intussen 2 karre opgebou en verkwansel. Albei Jaguars. Nice waens!
  2. Vroulief moet vir oogoperasie gaan. Sy is besig om stelselmatig totaal sig te verloor.
  3. Laaitie ook. Sy eerste operasie is komende Dinsdag 19 April. Dan een so begin Junie. Volgens die oogdokter sal hy volkome blind word as hy nie gaan nie. Katarakte in albei oë op 13. Nie pret nie.
  4. By die werk gaan dit doller as kop-af. Werk aan heerlike nuwe innovasies. Pret!
  5. My gewigsverlies is mooi op track. Het al so +- 30 kg's afgegooi sedert ek met die dokter deurmekaar was en amper gedooi het. My klere pas alweer en ek moes my belt al 4 keer verstel.
  6. Dogter en boyfriend het eie kaya gekry en bly nou op hul eie. Seëning.
  7. Prepaid lektrieks ingesit. Om die hele stad te onderhou met my se krag rekening is nie regtig lekker nie.
  8. Liefie het vir ons elkeen 'n Smart gekry. Hare is maatskappymotor en myne is maatskappymotorbyvoordeel. Die goedjies ry damn lekker!!!
  9. Bruin wa se enjin het bietjie gehik en snik, maar danksy Wit Bojaan loop die ding darem weer.
  10. 3de Terabyte hardeskyf in my se kepjoeter ingesit. Baie spasie. Not. Te veel robbiesh wat die ding volmaak.
  11. Is al wat ek aan kan dink. Maar hou die spasie dop. Ek sal meer getrou kom sit en tik hierso. Belowe.

In ieder geval, die kooi roep, en ek wil gaan rus.

Wederom! Nag, ou Grote!

Friday, January 14

Die Bos, the Bigger Loser en ander gedagtes

En so kuier ek en myne toe oor Kersvakansie by Kokoriba saam met die Wit Bojaan en sy troppie. Lekker gevakansie innie bos. En die oujaar saam met Martiens-hulle in Nelspruit. En op Nuwejaarsdag is dit op teen die randjie na die Bridal Veil valle. Dis toe dat ek besef hier is moelikgeite. Die ou dikke lyf sukkel te veel. Neem toe net daar en dan 'n besluit om die jaar van die '11 iets aan hierdie karkas te doen ten opsigte van fiksheid en gewigsverlies. Sluit toe by die Wellness gym aan. Op die dag voor die skole open en ek terug is werk toe. Begin toe op die 12de met 'n ligte oefening deur eers daai loop-sonder-om-weg-te-loop aan te tree en toe fiets te ry sonder om weg te ry. En gister weer. En nou is my doelwit om die einde van die jaar minus 40kg te wees, en daai Bridal Veil (of enige ander soortgelyke sukkel) aan te tree sonder om weer te blaas soos 'n stoomtrein wat by 'n stasie inseil. Meer oor die vakansie op 'n volgende post...

Gewig op 14/1/2011: 141.2kg.

Watch this space closely!!

Lekker dag!

Goed gaan, ou Grote!