Tuesday, July 19

It's wintertime now...

Is koud. Of in die woorde van een of ander ou bekende digter: Koud is die windjie en skraal... (sal nie die res publish nie, is nie SFW nie).

Ons het die winter tot dusver nogal baie koud gekry. Nog meeste van die jare kon ons op my verjaarsdag die aand buite kuier, want dit was nie snerpend nie. Die jaar moes ons binne sit. Dit was koud. Bitterkoud. So op my 4X4 jaar. My arme liefie sit nou officially met 'n ou man :-) Al sê sy dit nie self nie.

Gewig is nog mooi besig om af te val, klere sit soos sakke. Skoonpa skimp kliphard vir my te groot klere, maar is te lekker om dit te dra en dit wil net afval.

Karavaan is toe verkoop om te help om die gate wat ontstaan het in die persoonlike resessie te stop. Darem 1 minder worry. Al die persoonlike besittings gaan haal, en die wa "bemaak" aan skuldeisers, wat hom kon verkwansel vir die uitstaande skuld.

Met vroulief en kinders gaan dit goed, so goed as wat dit kan gaan. Hulle hou mens net op jou knieë soos mens bly bid dat hulle lewendig en veilig bly.

Bokwa is op soek na heelwat TLC. Die arme ding loop en hik en snik soos 'n brandsiek donkie. Maar regmaak sal maar moet wag tot daar weer 'n bonus is. Intussen ry ek maar met die klein rollercoasterkarretjie rond, en spaar petrol en doen my deel vir die omgewing. For what it's worth...

Nie baie nuus verder nie. Inteendeel, nuus is skaarser as koekies in die weeshuis....

So, tot ek weer my gedagtes probeer neerpen: Dag, ou Grote! Bly gesond hoor?