Sunday, September 12

Nothing much, really....

Baie stil paar weke seders my "ordeal". Mediese fonds het my kompressortjie goedgekeur. Nou soek ons na 'n suitable ene, wat binne die koste-raamwerk pas. Maar die blerrie goed is damn duur. Seker omdat hulle die fondse so rook. En intussen suffer ek maar voort.

Toe gaan lees ek bietjie op, en sien daar is alternatiewe tot die CPAP behandeling. Lugweg oefeninge. Keel en tong oefeninge. So ek oefen. Nog nie veel resultate opgemerk nie, maar is seker maar soos alle ander oefeninge. Mens moet maar net aanhou. Lees ek verder dat om die didgeridoo te leer speel, help ook. Sirkulêre asemhaling, maak gebruik van keelspiere, tongspiere, ensomeer. So ek wil nou begin soek na iemand wat my kan lesse gee..

En die Bulle en die Bokke stel teleur. Erg. Ek sal sommer rugby los en begin onderwater skaak kyk. Dalk meer interessant. En minder stresvol.

Intussen gebeur daar nog niks interessants nie. En dit hou aan gebeur. So, vanaand gaan ek maar vroeg inkruip, en die fliek klaarkyk.

Tot ek weer die pen opneem,

Groetnis.

Nag ou Grote!