Friday, January 14

Die Bos, the Bigger Loser en ander gedagtes

En so kuier ek en myne toe oor Kersvakansie by Kokoriba saam met die Wit Bojaan en sy troppie. Lekker gevakansie innie bos. En die oujaar saam met Martiens-hulle in Nelspruit. En op Nuwejaarsdag is dit op teen die randjie na die Bridal Veil valle. Dis toe dat ek besef hier is moelikgeite. Die ou dikke lyf sukkel te veel. Neem toe net daar en dan 'n besluit om die jaar van die '11 iets aan hierdie karkas te doen ten opsigte van fiksheid en gewigsverlies. Sluit toe by die Wellness gym aan. Op die dag voor die skole open en ek terug is werk toe. Begin toe op die 12de met 'n ligte oefening deur eers daai loop-sonder-om-weg-te-loop aan te tree en toe fiets te ry sonder om weg te ry. En gister weer. En nou is my doelwit om die einde van die jaar minus 40kg te wees, en daai Bridal Veil (of enige ander soortgelyke sukkel) aan te tree sonder om weer te blaas soos 'n stoomtrein wat by 'n stasie inseil. Meer oor die vakansie op 'n volgende post...

Gewig op 14/1/2011: 141.2kg.

Watch this space closely!!

Lekker dag!

Goed gaan, ou Grote!