Friday, July 17

Ek het alweer slap gelê...

Is alweer te lank sedert my laaste opdatering. Amper ongeveer 'n maand, kan jy glo! Swak styl, Willeboer! Swak styl!

In ieder geval, dit was nogal 'n besige tydjie sedert my laaste opdatering. So, sonder verdere omhaal van woorde, hier volg 'n breë opsomming vna my lewe van laas tot op datum.

26 Junie, ek word 48. En begin met my rolbal-merker/skeidsregter vlak 1 kursus. Dis koud, dis bewolk, en dis my verjaarsdag. So ek en Brad is Militêr se rolbalklub toe. En ons leer en ons draf klas tot duskant donker. en ons ry terug en die verkeer is horriflippenbaal! So ek bel huis toe en beduie ons gaan sommer Oppistoep besoek vir my se jaarsdag. En ons kuier lekker. Saterdag en Sondag terug na daai klub toe vir die res van ons kursus. So half-volleerd keer ons terug. En Brad, lucky klein so-en-so is op skoolvakansie. Maandag begin ek met 'n C# kursus (Moel-View-Client) by Incus. Vir 'n week. En die kantoor pla my kort kort. Besige hardwerkende week. Tot laat in die middae. En liefie word siek en word afgeboek.

Breek Vrydag aan, en ek ry en gaan haal skoonouers om vir die naweek te kom kuier. En Saterdag vat ek Cherise rolbal toe, laai Mike en Elaine en Danielle op, en terug huiswaarts. En ons kuier en maak potjie. Vat Danielle later die middag terug en laai Cherise weer op. Vat haar die Sondag weer vir haar bolle rol, gaan laai Mike en Elaine af, kry skoonmense en Brad en ry deur Germiston toe om hulle af te laai, en laai Cherise oppad terug weer op. So my naweek was nie juis vol rus nie, maar vol rondjaag.

En so wikkel en woel en werskaf ons deur die week. Kom Saterdag, gaan laai vir Cherise af vir rolbal, jaag rond, en dan is ek en liefie klub toe, vir haar game teen Anna, en ek merk. En ons kuier. Herman, wat ook nie sleg speel nie, kuier lekker saam met ons. En Cherise kom terug, en ons kuier tot laat en huis toe. Sondag vat ek haar deur Pretoria CC toe en gaan kyk bietjie die bolle rol saam. Nogal lekker om weer te kyk. Toe huis toe vir 'n rustige middag.

En die week tot vandag het ook nogal nie te shabby verloop nie. Kom ons hoop die naweek bly ook rustig.

So, dis die gebeure van die afgelope ruk.

Groetnis, ou Grote!