Friday, March 10

The more things change, the more they stay the same...

So het 2020 omgesit in 2021 en 2021 in 2022 en 2022 in 2023. Time flies when we are having fun. 

So sedert ek laas hier geskryf het, het soveel dinge verander. Ons maatskappy is mos in 2020 uitgekoop deur die Connected Group. So  2 jaar later is die Connected Group uitgekoop deur Net1, wat hulleself toe rebrand as Lesaka. So ek het in totaal ongeveer 20 dae in die Connected Kantore deurgebring gedurende die lockdown periode. Ons trek dus na die nuwe kantore toe (ek nog steeds tuis). Diep in Rosebank in. So kak verkeer is die voorland.

En so met einde '21 kry ek toe 'n lekker UPS by swaer Glenn. Werk met so 16 van die klein 12V gel batterye. Koop die batterye met my bonus, en koppel die spul. So ek kan slaap deur nagtelike load shedding. COOL!! En my werks-area word ook daardeur gevoer, so ek kan werk as Eskom ons afsit. Wat nogal BAIE begin gebeur het in '21.

En in die begin van '22 besluit Mercedes-Benz "no more company cars" as gevolg van nypende tekort op die wielemark. So ons 2 se rygoete moet terug. Liefie, gelukkig onder skuldberading uit, kry 'n lening. En ons gaan soek wiele. Eerste plek is by Penta Suzuki. En daar loop ons die liefde van ons nuwe lewe raak. 'n Kleine S-Presso. Outomaties, Android Auto, mag wiele, bubbles op die vensters, en alles. En ons koop die Koffieblikkie. En die karretjie ruik aan petrol en ry 40 dae en 40 nagte ver. Wonderlik!

Intussen verder tuis. Cherise ontmoet die "liefde van haar lewe", Christelle. Girl daar uit Oudtshoorn. Mekaar op die Nationals of so iets raakgeloop. En dis net true love. So dinge tussen die twee vorder toe tot op 'n punt, en Cherise besluit sy moet trek. Oudtshoorn toe. So sy begin met haar beplanninge en alles, en op 'n dag diep in Julie '22 daag Christelle op, en die twee vertrek. Snot-en-trane van liefie en dogter, maar trek word daar getrek. Die stof het skaars gaan lê of Cherise se kamer word as liefie se studeerkamer-cum-naaldwerk kamer ingerig. En met die saam trek ek van die eetkamer af terug na my studeerkamer toe. Sak-en-pak. So die eetkamer word toe weer eetkamer. En Eskom hou aan krag afsit. Fase 3, 4 en 5. En dit is nie goeie nuus vir die UPS nie, want so in September toe besluit die UPS tot hier toe en nie 'n oomblik se load shedding verder nie. O donner. So ek is kragteloos as die krag afgaan. Flippen hell!!

En SARS begin my boelie oor ek hulle mos, volgens hulle berekeninge, so oor die R80k skuld. Wat hulle op een of ander manier bereken het. En hulle dreig met garnishing en sale of property en al sulke dreigterme. Ek begin in my polisse rondkrap en kom af op die ene wat ek vir onderhoud moes uitneem. Hy is so paar rand sterk darem. En ek koop hom af. En ek betaal SARS en stuur hulle in hulle se moer in. En toe sien ek dit. Daar is genoeg oor sodat ek dalk in 'n inverter kan belê. En ek soek en kry nie wat ek soek nie, maar beter. Kry nog so klein bedraggie geld by liefie, en loop koop die ding. Battery is swaarder as 'n olifant wat 'n seekoei ingesluk het, maar ek kry hom opgedra tot in die studeerkamer bo. En ek koppel die hele lot en laat waai met die krag. En daar was krag! 

So Eskom klap ons sommer vir die wis en onwis met 'n fase 6. Wat insluit 4 ure blokke sonder krag. En die inverteerdertjie loer so na Eskom en gooi die afsitters 'n nool en verskaf krag soos wat Eskom hulle nie kan nadoen nie. HEERLIK! 

En toe begin ek en liefie vakansie beplan. Om met die koffieblikkie af te ry daar na die Oudtshoorn (en George) se kant toe. Goeie beplanning met oorslape. En so net na onse 20 jaar anniversary vertrek ons (ja ons is al 20 jaar getroud. Believe it!) En ons ry. En die wit karretjie ry te heerlik! Ons kruie deur die Karoo, 2 dae se reis, en kom uiteindelik in George aan. Spandeer paar dae by Beukes en kie, en pak die tog oor die berg aan Oudtshoorn toe. Kuier by Cherise hulle vir 2 dae en pak die lang trippie terug aan. Stop op Graaff-Reinet, en gaan soek my oupa se laaste rusplek. Kry die opgespoor. Slaap oor en ry verder. Laaste nag op die pad word op 'n lieflike wildsplaas net buite Winburg spandeer. En toe huiswaarts. Wat 'n wonderlike trippie.

En terug in 2023 in. So die jaar is nou al 'n maand of 3 oud, en ek gaan besoek die kantoor so 2 maal per week. En lewe gaan aan. Load shedding, baie reen, en goeie dae. Sal maar sien wat die toekoms oplewer, so tussen die Eskom probleme deur...

No comments: