Friday, April 15

Reën reën lieflike reën..

Vrydagaand in Pretoria. Nat, koud, en dis nou eers middel April.. Ek sien 'n nat koue winter wat wag op ons... Koud is die windjie en skraal... Ensomeer. Rooiwyn en kaggelvuur die winter, want verwarmers is uit seders ons hierdie voorafbetaalde lektrieks ingesit het. Aan die eenkant is dit lekker, maar aan die ander kant verkies ek die somer, met son, swem, en koue bier... Ek hou nie van koudkry nie. Het nog nooit nie, sal nooit nie.

Vandag was maar rather 'n waste of makeup. 4 ure gemors om te wag dat my neukenaar besluit of hy Windows 7 se service pack wil installeer aldan nie. Moes op die ou einde terugrol na pre-Service pack instellings. EISH!

Luister Abba op Jakaranda. Is nou sommer so half nostalgies..

En dis maar hoe dit is, soos ou Steve sal sê...

Geniet die naweek, en hou duime vir die Bulle!

Nag ou Grote!


Opdatering Saterdagaand: En daar verloor die Bulle, en dit is KOUD!

Thursday, April 14

My my how time flies!

Goeie hemel! Die jaar se spoed was rather ongeskik tot dusver! Ek kon skaars asemhaal! En toe bly my spoegblok agterweë... En daar het BAIE gebeur sedert laaskeer.

Ko's kyk:

  1. Die Wit Bojaan het getrek. Bly nou nie meer om die hoek van my nie. Hy het intussen 2 karre opgebou en verkwansel. Albei Jaguars. Nice waens!
  2. Vroulief moet vir oogoperasie gaan. Sy is besig om stelselmatig totaal sig te verloor.
  3. Laaitie ook. Sy eerste operasie is komende Dinsdag 19 April. Dan een so begin Junie. Volgens die oogdokter sal hy volkome blind word as hy nie gaan nie. Katarakte in albei oë op 13. Nie pret nie.
  4. By die werk gaan dit doller as kop-af. Werk aan heerlike nuwe innovasies. Pret!
  5. My gewigsverlies is mooi op track. Het al so +- 30 kg's afgegooi sedert ek met die dokter deurmekaar was en amper gedooi het. My klere pas alweer en ek moes my belt al 4 keer verstel.
  6. Dogter en boyfriend het eie kaya gekry en bly nou op hul eie. Seëning.
  7. Prepaid lektrieks ingesit. Om die hele stad te onderhou met my se krag rekening is nie regtig lekker nie.
  8. Liefie het vir ons elkeen 'n Smart gekry. Hare is maatskappymotor en myne is maatskappymotorbyvoordeel. Die goedjies ry damn lekker!!!
  9. Bruin wa se enjin het bietjie gehik en snik, maar danksy Wit Bojaan loop die ding darem weer.
  10. 3de Terabyte hardeskyf in my se kepjoeter ingesit. Baie spasie. Not. Te veel robbiesh wat die ding volmaak.
  11. Is al wat ek aan kan dink. Maar hou die spasie dop. Ek sal meer getrou kom sit en tik hierso. Belowe.

In ieder geval, die kooi roep, en ek wil gaan rus.

Wederom! Nag, ou Grote!