Sunday, June 20

Ke Nako!

Yes we CAN!

So skop die sokkersirkus toe af met 'n goerse mejuig. Sit die dag verlof in, want ek weet mos hoe kan die Gautengers nie ry op so 'n dag nie. Gaan kyk die openingseremonie by Liefie se werk, en skeddaddel huis toe om die wedstryd tussen BB en Mexico te kyk. Ek maak nog steeds nie uit van hierdie ronne balletjie spel nie, maar het saam geVuvuzela en gejuig toe BB die eerste doel inskop. En my kop laat sak toe Mexico die gelykmaker insool. Toe die totale insinking teen Uruguay. Voel sommer so moedeloos soos die nasie. Maar nou ja, ons gee nie moed op nie. Die Bokke, darenteen, het darem die dinge aan die kook gehou deur die afgelope 2 naweke hulle games te wen. Nou nie baie indrukwekkend nie, maar darem.

Met die gesondheid gaan dit tans so-so. Suiker weer bietjie hoog, bloeddruk op en af, gewig darem mooi stabiel, en aan die val. Slaap beter. Bly beter wakker. Ek hou net glad nie van die winter nie. Vanmore opgestaan met lastige hoesie. Sit tans met krapkeel, toe neus, dik kop, en lyfseer. En dan voel ek nog siek ook.

Vadersdag was darem baie lekker, Rupert hulle was saam met ons kerk toe. Hulle het nie veel van 'n keuse gehad nie. Ons stop 8 uur daar, toe is hulle nog innie kooi. 8:20 is die hele lot van ons kerk toe. Ghibeau preek, en wat 'n wonderlike boodskap oor vaderskap. Gaan lees gerus Ps. 128, maar uit 'n Pa se oogpunt.

Ou Bybie Tjoklits word net ouliker by die dag, en sy is maar erg bederf! Ek wou van meet af mos nie juis die puppy hier gehad het nie, want ek het geweet ek gaan net verlief raak op die dingetjie! Nou daar het ons dit nou!

Intussen het ek en Tjomma 'n uitval gehad, nadat hy aangejaag het. Toe gaan hy en veroorsaak dat Schernal sy werk op 'n lelike wyse verloor. Net omdat hy my wil spite. Nee Tjomma, mens maak nie so nie. Ek sou jou nooit so drop nie, maar jy het my erg gedrop.

Other than that, Mr President, how was the show?

Dit gaan bietjie lastig met die kontantvloei op die stadium, meer gate as toemaakgoed. So ons byt maar vas en vertrou op die Here. Intussen help ons hoe en waar ons kan.

Maar soos die 4de vers van die Stem dit altyd so wonderlik gestel het:

Op U almag vas vertrouend
Het ons vadere gebou.
Gee ook ons die krag o Here
om te handhaaf en te hou...
Dat die erwe van ons Vad're
vir ons kinders erwe bly
Knegte van die Allerhoogste
Teen die hele wereld vry!
Soos ons Vadere vertrou het,
Leer ook ons vertrou O Heer:
Met ons land en met ons nasie
Sal dit wel wees: GOD REGEER!!!

Here, ons buig die knie voor U, en verklaar weer vanaand: Ek en my huis, ons sal die Here dien!

Lekker slaap!

Nag ou Grote!




Monday, May 31

Dis die Blou....

Mense, 'n koorsige 2 weke, hoor my, 'n koorsige 2 weke. 22 Mei ruk Pretoria op na Soweto. Die kwarteindstryd teen die Crusaders. Almal maar bietjie bewerig om dit daar in die Gomorra deel van Sodom en Gomorra te waag. Maar rugby kraai koning en die Bulle wys die Crusaders waar in Soweto Dawid die wortels begrawe het. Ek en paar vriende kuier eerder by die huis as om vir "drunk and disorderly" op straat geprosedeer te word. Toe is dit mos nou die emosionele oorlog. Almal loop te vertelle dat die Stormers nou op hulle piek is, en die "af" naweek van die Bulle gaan hulle duur te staan kom. So tref 29 Mei ons met die spoed van die heilige wit fisant. En die Bulle word die laaste span om die Super 14 trofee te lig. Gal word gebraak deur al wat Stormer ondersteuner en speler is, maar soos ou Frik du Preez (of was dit Jan Ellis) beduie het: Tjek die scoreboard. En in die gevleuelde woorde van Koning Naas Botha: Cowboys don't cry. Aan die einde van die dag het rugby geseëvier met 'n baie opwindende game. En so kom die Super 14 tot 'n einde, en die trofee vind 'n permanente staanplek in die trofeekabinet op Loftus se gronde..

Selfs ou Grote het by my uitgeval net om sterkte te sê, oppad na sy ma toe. Die liewe tannie lê tans in die hospitaal, en ons gebede is met haar. Dit gaan nie baie goed nie.

Op die gesondheidsfront: Gaan sukkel-sukkel, maar sal beter gaan soos die geld minder raak, en mens minder moet eet/drink. Bloeddruk is nog maar op en af, maar darem meer af as op. Suiker bly mooi stabiel, maar damn! Ek raak lus vir tjoklitkoek!!!

Liefie het laasweek haar eerste eksamen in 25 jaar geskryf, en dit het blykbaar goed gegaan. Sy skryf more weer. Sterkte my babe, ek het volle vertroue in jou!

Intussen is my naweke baie vol, en is my swembad eerder tans 'n plaasdam. Nie so vol vis nie, maar net so groen. Ek sal moet plan maak.

En ons het die oulikste ou brakkie persent gekry. Yorkie-poo. Baster tussen Yorkie en Maltees. Bybie Tjoklits. Te flippen cute, seg ek jou, te flippen cute! Maar dis nou weer pajamadril van 'n nuwe uiterste. Die dingetjie moet eet in die nag, en dan moet mens die ding maak piepie op die koerant. Tjorts die dingetjie toe op Liefie se hand toe sy die streel-beweging probeer. Groot bron van lag, maar die hou in die ribbes was maar gevoelig. Nuwe reël: Mens lag nie vir jou vrou as die hond haar beskuie nie. Jy sjarrap net en help skoonmaak.

Ek sal per volgende geleentheid 'n foto of 3 van die monstertjie hier byvoeg.

Tot ons weer hier 'n gedagte of 4 vasvat, gegroet, en mag ons Hemelse Vader elkeen van my vriende/familie/kennisse/vreemdelinge in my poorte beskerm en seën.

Maranatha!

Nag ou Grote!



Tuesday, May 18

Eish!

Ok, ek weet ek het LANKLAAS hier geskryf. Kannie help nie, my lewe het BAIE besig geraak baie skielik. Wel, hier volg die nuus gelees deur Riaan Cruywagen. Nee wag, fout. Riaan kan nie my nuus lees nie, want ek is seker hy is 'n vampier. Die dat hy nie ouer word nie. Maar dit daar gelaat.

Ok, ko's gaan terug in die verlede....

Naweek van 10 April. Cathy se verjaarsdag. Ons staan op, ry 'n paar draaie, koop klere vir die Troue, en kies koers Rustenburg toe. Kom eventueel by Bulls in the Bush gastehuis aan, en ontspan oor 'n bier of 4 en potjie pool. Maak later reg, en ry Sun City Superbowl toe. Ons gaan Tom Jones kyk! Daar aangekom, eers 'n drankie geniet, en dan die vertoning. Die man se energie het my skoon uitgeput! Hy is nog so baldadig op die verhoog soos wat ek hom van 'n vorige vertoning onthou. Lekker sitplekke. 1ste "risers" aan die linkerkant, 2de ry van voor, op links. Lieflike view van die verhoog. Terwyl Tom Thunderball uitdonder, neem ek skelm 'n video met my fountjie. Volgende oomblik 'n bouncer se hand op my skouer: "Put that away. NOW!". Ek maak eerder so voor ek aan my kraag uitgegooi word. Ons ky die show verder. Tom vat nie eens 'n ruskans nie, en vermaak ons vir meer as 'n uur en 'n half! WOW! Dis 'n BELEWENIS!. Ons gaan uit, gaan kry 'n drankie en gaan kyk of daar 'n masjien is wat dalk vir ons 'n ou persentjie wil gee. Niks vir my nie. Nada. Liefie wen/verloor/wen/verloor. Ek gaan maak haar bymekaar en beduie ek dink dit is tyd om te ry. Sy beduie dat sy een laaste klappie wil probeer en speel maksimum weddenskap op haar masjien. Volgende oomblik klink dit of die ding tilt! Tjiengel-tjiengel!! Wen sy net so oor die R1500.00 op die 50c masjien. Kaching! Ons waai. Ry terug, gaan slaap. Volgende more ry ons om Brad by sy ouma hulle te gaan haal, want die skole begin weer die Maandag.

Week baie besig en werk hou ons goed aan die gang.

Naweek van 17 April. Carissa trou. Ry Saterdag na skoonouers toe. Maak klaar vir troue, en vlieg laag om betyds by die kerk te wees. Van kerk af is dit laagvlieg onthaal toe. Pragtige troue! Caris lyk soos 'n prentjie. Ons kuier 'n HOND uit 'n BOS uit. Net jammer dat ek nie na oom Angus se plaas toe kon gaan nie. Maar nou ja, can't have it all, can I?

Raait, nou fast forward ons weer. Naweke volg hard en vinnig op mekaar. Maandag wissel Maandag af. Vrydae kom en gaan teen die spoed van die Heilige Wit Fisant. Of vinniger. By die werk gaan dit doller as kop-af. Projek deadlines jaag my. Kry projekte voltooi. Nefies verjaar. Vriende verjaar. Familie verjaar. May Day. Tannie Fran word 80. Oudste Erlank wat ek ken.

Intussen is kleinsus permanent op my case oor my blog agterwee gelos is. Maar magtig, daar is net nie tyd nie! Ek kry skaars tyd om.. ja toemaar, ko's los dit net daar. Die lot by die kerk het naderhand begin wonder of ek ooit weer gaan opdaag.

Amor tree op by Traders Familie Mark. So 'n reënerige trietsige dag. Ons gaan kyk. Vroeg al daar om goeie sitplek te kry. Anders kry mens nie sitplek nie. Somehow vang ek Amor se oog en sy beduie sy sal my nou-nou roep om saam met haar te dans. Ek dog nog sy maak 'n grap! Aikona! Volgende oomblik beduie sy in my rigting. Ek moet maar verhoog toe. Doen paar lawwe passies op die Locomotion saam met haar. Damn, sy is mooi eintlik. Joost, what the hell were you thinking, my boy!!! Ek kry 'n CD en mooi poster. Ek laat sy die poster vir Brad teken, en die CD vir liefie. Ek soek net 'n foto. Kry toe mooi ene. Eish. Anners het ek dit self nie geglo nie.

So gaan die dae verder om, en begin die winter al nader kruip. Werk, werk, werk. Cathy se kar gaan paneelkloppers toe, en ons ry elke dag vir 2 weke saam (met die ou wa). Ek leer nuwe roetes werk toe ken.

My selfoon begin ophou kontak maak met die wêreld daar buite. Gee allerhande funny foute. Ek probeer Virgin Mobile in die hande kry. Goeie donder! Dis makliker om gesmelte botter met 'n graaf in 'n vlooi se hol op te druk as om hulle support via telefoon en e-pos in die hande te kry. Ek probeer HelloPeter. Skryf hulle terug hulle het my op my sel probeer kontak sonder sukses. HELLO! Obviously sal julle geen sukses behaal nie. Die blerrie ding WERK nie! So vat dit amper 2 weke voor ek uiteindelik 'n vervangingsim kry. En vir die ongerief gee hulle my darem R80 se lugtyd. Customer support? Meer soos customer de moer in maak!

Die pas afgelope naweek bel Cherise en vra of sy mag terugtrek, sy kry nie werk in Jozi nie. Natuurlik, seg ek. Mag Schernal saamtrek, vra sy. Is reg met my, beduie ek. So 'n paar uur later is die 2 hier. So 'n paar uur later het Schernal 'n joppie. Nou nie juis 'n glamourous jop nie, maar dit sal help. Fênks Tjomma, ek skuld jou alweer. Sal eendag vergoed.

En uiteindelik het die horlosie se wysers genoeg geswaai om tot by vandag se datum en tyd by te kom.

En nou is die vraag op almal se lippe: Wat van jou gewigsverlies en bloeddruk en gesondheid?

Ok, ek het baie steady bietjie vir bietjie gewig bly verloor, en so 'n week gelede het die skaal skielik een oggend vir my nie meer gewys hy kan my nie hanteer nie, maar ek is nou meetbaar. Dit was so 150.7kg. Klim ek gisteroggend (na die naweek) op die doemprofeet en skrik byna my gat af. 146.8kg. Yeehaa! Nou is ek weer gedetermineerd om aan te gaan met die gewigsverlies storie! Ek drink elke oggend, voor ek enige iets anders doen, 2-4 glase water. Dan, omtrent so 30 minute later, drink ek eers my koffie. En glo my, dit werk!

Die bloeddruk is op en af en op en af. Party oggende trek die ding by 160/115, en ander oggende is dit so 105/65. Vroeer vanaand slaat ek die jackpot met 'n 95/50. Skrik my gat weereens af. Kry Brad om my gou bietjie kwaad te maak, en toe kom die ding darem op tot 115/78. Gisteroggend was so 'n rekord hoogtepunt met 168/121. Gedog my oë ontplof in my se kop.

Die ou tieker is darem beter. Polsslag kom af na so mid-70's. Ek voel nie meer so lam nie, behalwe as my bloeddruk wipplank ry.

En ja, op die stadium is daar nie juis verdere opwindende nuus nie. But, watch this space...

Ek het baie vrede in my hart. My Koning is op die Troon, en ek weet Hy sal sorg. Al lyk dinge soms baie donker en moeilik, soms BAIE donker en moeilik, weet ek dat Hy nooit die bal sal drop nie. Habakuk kom in my gedagtes op waar hy beduie dat al is daar nie vee in die kraal nie, en geen oes op die lande nie, nogtans sal ek jubel in my Here.

Vader, ek gee aan U die eer en die lof, want U is waardig om geloof en geëer te word.

Nou ja, dis dit. Lekker slaap. Nag, ou Grote.

Wednesday, March 24

Woensdagmore... Vroeg...

Klaar gestort, sit en koffie drink en plons 'n paar gedagtes hier neer. Buite hoor ek wraggies nog 'n voëltjie kwetter, al is dit nog half-nag. Die son het gedraai, en die nagte gaan begin langer word. Winter is oppad..

Winter is nie juis een van my gunsteling-seisoene nie, ek is nie een wat lief is vir koudkry nie. Veral nie nou met die natuurlike isolasie wat verminder nie. En die bloed wat dunner en meer effektief vloei.

Gisteraand gesit en werk aan 'n projek wat 'n deadline het wat voor my staan soos 'n paal bo water. Darem baie goed gevorder, maar moes paar queries dringend na my support groep toe stuur. Hopelik kry ek die antwoorde vroeg sodat ek die lot kan klaarkry en 'n spul mense van my skouers af kan kry.

Vanoggend in stiltetyd in Lukas rondgeloer. Baie interessante feite daar. Bespreek ek en liefie toe die 1 vers: (Luk 9:41) Toe antwoord Jesus en sê: o Ongelowige en verdraaide geslag, hoe lank sal Ek by julle wees en julle verdra? Bring jou seun hier. Hoekom sou Jesus so kras met Sy dissipels praat? Het Hy nie eerder met die demone geraas nie? Nogal 'n punt om aan te dink, veral as mens die verse vooraf (en sommer die hoofstuk vooraf) ook lees...

Daar is veral 'n vers wat ons toe raaksien: (Luk 10:18) Toe sê Hy vir hulle: Ek het die Satan soos ‘n bliksem uit die hemel sien val. Vader het Satan uit die hemel gegooi nog voor Hy begin het om die aarde te maak. En Jesus was daar om dit te sien. As dit darem nie 'n bevestiging van Jesus se Godheid is nie, dan weet ek darem nie.....

Nou ja, laat ek gaan klaarmaak, brekfis moet gemaak word en ek moet klaar aantrek. Geseënde dag en mag ons Hemelse Vader ieder en elk wat hier lees, mildelik seën.

Geniet julle dag!

Monday, March 22

Rustige Maandag

Baie rustige Maandag. Laat geslaap. Fliek gekyk. Ietsie gaan eet. Verder kom slaap. TV gekyk. Blog kom opdateer. En terug kooi toe. Nou nou.

Mense, soms is dit nodig om net mooi niks te doen. Net te wees. Te "exist". Sonder om te beweeg. Dan herlaai mens. Van binne af. Jy voel meer uitgerus. Minder gejaag. Want ons jaag te veel. Deadlines/spertye. Waar is die dae wat ons tyd gehad het? Waar is die dae wat ons net rustig oor 'n naweek kon rus? Maar nee, dis hiernatoe/daarnatoe/elders/elke oomblik besig. 'n Gejaag na wind. 'n Gejaag na niks..

En eindelik gaan almal dood en hou tyd op bestaan. En wat het jy bereik? Hoeveel tyd saam met jou geliefdes deurgebring? Hoeveel tyd met JOUSELF deurgebring? Tyd aan JOUSELF gespandeer?

Ons moete tyd maak vir kinders, vir werk, vir kerk, vir vergaderings, vir familie, vir vriende, vir jou eggenoot, maar wat van eie tyd? Tyd is kosbaar. Tyd is nie onbeperk nie. Tyd wat jy vandag verloor, sal jy nooit weer kan opmaak nie. Jy kan nie slaap inhaal nie, jy kan nie tyd inhaal nie. Koop die tyd uit. Moenie jou laat jaag nie. Moenie dat tyd jou baas word nie.

So what as jy laat is? Moenie dat jy 'n slaaf van tyd word nie. Tyd moet vir jou werk, nie jy vir tyd nie...

Maak tyd vir jouself.

Sunday, March 21

Sunday is a fun day....

We decided to gyppo church and lie in a bit this AM. Lovey brought us brekkies in bed at about 10am. We watched a movie, slept, I got up at 2, had 2 slices of low-gi with butter, watched another movie. She joined about 20 minutes from the end.. Finished the movie, and watched another one. Gonna watch the 8pm movie now, and then off to bed.

BP for the day: 128/78. Nice and steady....

Lekker slaap!

Nag ou Grote.

Friday, March 19

Friday not the 13th...

Kyk, so naby aan ;n hartaanval was ek lanklaas... Ek praat nou van die Bulle wat so byna-byna hulle rekord vrerinnewoes het.. Magtig, dit was 'n stryd. Te veel foute, te min punte. En dit alles oor die blessitse Stormers laasweek die 'canes so moerig gemaak het. Toe moes ons dit ontgeld.

Vandag was 'n ho-hum tipe dag. Al was dit Vrydag. Vroeg geloop by die werk omdat ek 'n terminaal moes gaan aflewer by Menlyn. Enige verskoning. Darem parkeerplek gekry by die VIP parkering.. Mens moet net weet hoe.

BP was vanoggend heel skaflik, amper soos 'n mens s'n. Wou nie vanaand meet na die Bulle se stryd nie. Sou net die meter breek.

Het vandag weer bietjie oortree. 3 Boerierolle vir aandete. Ook net die Bulle en liefie se skuld. Sy het die boeries gebraai. Damn lekker gewees eintlik. En dit na ek die hele dag stroopsoet was.

Dank Vader dis langnaweek,ek het die rus nodig. Sondag mos een of ander nuwe vakansiedag wat ek die naam van vergeet het, dit meen Maandag is afdag. Sal dit ook so deurbring.

Wou vanmore 'n stuk komedie post, toe post ek dit onder Liefie se blog. Gaan oor Togetherness Tshabalala se taxi-wedervaringe. 'n Moet-lees as jy my vra! Haar spoegblok is Katjie se Sandbak.

Kaas dit en geniet dit!

Ek bekommer my dat tyd so vinnig verby gaan. Ons is al amper deur die 1ste kwart van die jaar, en ek onthou nog alles wat ons vir krismis geëet het... Eish! Is dit 'n teken van goeie geheue of 'n teken van oudword?

Ek gaan nou slaap. Lekker slaap almal!

Nag ou Grote.

Thursday, March 18

Who could ever get the hang of a Thursday....

Ok, so today was Thursday. One day before Friday. 3 days after Monday. A day that just hangs in the air like an apostrophe. I never did understand Thursdays..

And on another note. BP is up and down like a working girl's panty during the soccer world cup... Yesterday morning I hit the high pressures with a massive 172/105. Without even getting mad. Before breakfast. So I sat and became calm and collected, and 10 minutes later it came down to 153/94. And I did not even cheat with my pills, or with salty stuff.. Last night it was a moderate 126/86. Much better. Even after all the damn traffic. This morning was a tad high again, with 148/94, and after dinner and a bit of Molly en Wors it came down to 112/67.

Moving right on. Had a nice brisket (without fat) stew, with veggies, pumpkin and brown rice. (I made it, without adding my well-known sauces.. Even Lovey was impressed!!) My body is adapting to eating way less.. (Sounds like weigh-less, doesn't it?) No more before-sleeptime-snacks, which really was the death of me. No more chewing on chips in bed before switching off the bedside lamp. No more...

I felt so proud again this morning. A shirt that last week sat quite tight, but not as tight as the week before, now sits loose.. I know it's not much, but for me it's a reason to go on, because it means a few more centimeters have disappeared into the big blue yonder. My pants fasten easier, and I really, really like that!

I'm listening to David Bowie - Space Oddity while typing.. Was one of my way-back favourites..

En dis nou tyd vir Afrikaanse kommentaar gelewer deur die uwe. Die verkeer tussen Pretoria en Johannesburg suig nog steeds eiers. Veral van die R21 tot by John Vorster in Centurion in die oggend. En dan Buccleugh. My gunsteling vloekwoord. Buccleugh. Siesa. Snaaks genoeg, vanmiddag was die wisselaar so oop en wyd soos die Karoo!! So ek kon met 'n aangename spoed huis toe ry. Terwyl ek 'n appel tand. Het julle geweet appels is eintlik damn lekker?

En die aan-die-slaap-rakery agter die stuur word al hoe minder. Dalk omdat ek deurslaap in die nag. En nie meer 3-4 keer opstaan om te piepie nie. Want my bloeddrukpilletjie wat ek in die oggend drink ontwater my. En die aandpilletjie maak blykbaar die are oper, wat suurstoftoevoer regoor die liggaam verbeter.

Tot die pers enkels waarmee ek dalk my ruimte-afkoms kon bewys, is aan die verdwyn. Dit dui daarop dat die bloedsomloop regtig verbeter.

Ek wonder net soms hoe kon ek my liggaam so mishandel en laat gaan het.. en dan onthou ek dat dit in die vorige millenium begin het, en baie jare se abuse moet ek nou baie vinnig ongedaan maak. Want ek wil Desember gaan tandem. Klaar gereël. Op 95kg het 'n pel van my (wat lisensie het om te vlieg) belowe hy sal dit organize en my persoonlik opvat om te spring.

So dink aan my en moenie ophou bid vir my nie.

En ook vir my liefie. Haar broeke val al af! Shame, en sy het nie juis 'n wye klerekas nie. So die naweek gaan ons probeer broeke invat. Dink maar aan ons!!!

Vandag se ramblings is aan julle gebring deur die groeisel in my koffiekoppie.

Lekker slaap!

En Ryno, jy is nou 'n grootmens. Welkom in die wêreld van die grootmense. Weet dat jou oom Johan BAIE trots op jou is ne? En ek soek GOEIE matriekuitslae, anders volg ander slae........

Lekker slaap!

Nag ou Grote!

Tuesday, March 16

Tuesdays are, well, Tuesdays I guess...

Today was a typical SSDD type of day... Woke up, showered, had breakfast, BP 150/98, drove to work, had a full day at the office, drove back, spent a bit of time with the PC, made dinner (spaghetti and mince), watched a bit of TV, BP 138/88, came back upstairs, spent a bit of time with the PC, and then to bed.

It's like the instructions on a shampoo bottle. Lather, rinse, repeat.

At least tomorrow evening is the next module in our prophetic course. Something to look forward to. The weekend's plans have been put on ice until June-ish. So a relaxing at-home-long-weekend...

At least with the taxi-strike, the traffic is OK-ish.

So...


INVICTUS die MOVIE - ChristianAction.org

INVICTUS

Goeie movie, maar is dit? Gaan lees gerus wat Africa Christian Action daarvan dink en maak jou eie gevolgtrekkings...

Monday, March 15

Kan ons dan nie verder gaan.... begin ons weer van voor af aan.. (Maandag)

Lekker naweek gehad, Bulle het (weereens) hulle staal gewys. Mooi so, Nou die Blou! Geluk aan Ferrarri, maar watch this space. Merc is on it's way...

It's been a very interesting weekend, full of friends, braai, kuier, rugby, kids, kuier, friends, etc. I have one huge problem though.. Even though I braaied the lekkerste ribbetjie, I did not feel like eating! Ate half a chop, half a piece of boerie, 1 small portion garlic-potato-dish, and that was it.

Cherise and Schernal spent the weekend, he is really a damn nice fellow.

Got up this morning, and on getting dressed, found that pants must have stretched since last week. They fit even better! BP was a tad high (158/98) this AM, but came down to a more manageable level 0f 128/88 this PM.

Scales still don't register my weight, but not for long anymore. My moobs are getting smaller, and my arms are not so tired anymore.. I can even climb stairs like a normal person without getting winded.. (even the steep ones at home!)

So.. I'm hanging in there, and things are looking better. Keep praying for me please!


Friday, March 12

Hey hey it's Friday!

It's been a hectic week. On Wednesday afternoon a huge pile-up on the highway made a mess of it for most of Pretoria's residents. Yesterday wifey and me had to take the back street way to work. Hectic! Did this contribute to my blood pressure situation? I don't think so, because last night I measured a lovely 131/80! Quite nice, even if I have to say so myself...

Why am I so worried about blood pressure? According to Wikipedia blood pressure is "a force exerted by circulating blood on the walls of blood vessels, and is one of the principal vital signs."

So what does this mean? Blood pressure is the pressure exerted by the blood on the arterial walls. This is influenced by narrowing of veins and arteries, viscosity of blood, etc. When the diastolic pressure (that's the low/resting pressure) is too high, it can lead to strokes, etc. The heart muscle also weakens over time. So we need to keep it in check.

The weight is also coming down nicely. The scales still tells me to get lost, but my clothes start to fit better, feel looser and I'm not getting irritated so easily. I can even get my pants down without unfastening the button! Last week I could not fasten the button without serious effort... Just goes to show what pure will power and a pill (and self-control) can do.

If I can do it, so can anyone else. For I am a weakling if there is a juicy lamb rib on the table, or a yummy koeksister within reach. Even the smell of a braaing boerie gets me going!!! But now? I walk past the ice cream freezers with a sneer.....

Have a wonderful, blessed, God-filled Friday!!!

Tuesday, March 9

Ok Ok Ok! I know I promised a daily entry!!!

Ok, so it's been a few days since my last entry.. I've been busy! Work has kept me busy, house life has kept me busy, friends have kept me busy...

I'm still on a downward spiral concerning the weight issue.. Clothes keep on fitting better and better. Blood pressure is stabilising at about 130-140/80-90. Had a bit of a deep dip the other day, right down to (I think it was) 97/57 or something similar. Felt lekka high!!!

Traffic is becoming the bane of my existence, and the world's longest parking arcade is detrimental to my blood pressure. And it's no fun falling asleep behind the wheel in the slow (less than 5 km/h) traffic...

Blood sugar levels are now stabilising in the 6-7 range as well. No more sweets or sugar really helps!

And off to bed I go. Take care, and have yourselves a good night...

For those who can't sleep, have a look at this and laugh a bit..

Wednesday, March 3

So what's new...

Was way too tired to update this last night. Today was one hectic day. Our profile server crashed last week, and IT has been battling to get the thing going again. So they sent the crashed disks for data recovery. And I had to go and verify the data to get it back. Now they have to rebuild the server, and reload the data. I wonder if they ever heard of backups. The exercise cost them about 20 big ones. So I had to wait for traffic to die down, and only got home after 7.

Watched the first of 18 Egoli specials. It's so sad that Egoli is now officially over. It's like death in the family.

I'm starting to feel the weight loss, and my ankles are not so swollen anymore. I'm even losing centimeters, and getting stretch marks on the old beer belly. One of these days there will be no more beer belly. And I will be happy.

My BP is still a bit high, hit a 150/110 this morning again (even after doing the pills), but 5 minutes later it came down to 140/100. I have to relax more. And start walking. Getting fit is high on the agenda.

As for lovey, she's also determined to do the weight loss thing, together with the study thing.

Today's post is brought to you with compliments of the lint in my navel.

Monday, March 1

Monday morning...

Had a relaxing weekend. Woke up Saturday at 8, did some walking about the day, BP quite stable in the 140-150/80-100 range.. Rupert and Juanita came over for a braai. Pap, sous and lean chops. Watched Bulls win their game (yet again). OK, nearly had 10 heart attacks...

Sunday, woke up early, decided to have a lay-in. Sinned over lunch with some take-aways. Good afternoon snooze... Off to bed at 10, slept like a log.

Oh, before I forget, BP last night dipped to an all-time low of 121/59.. Must be the new pills kicking in.

I've put on a shirt today that 3 weeks ago didn't want to fit anymore. Still a bit tight, but a definite improvement! Just a pity the scale still shows tilt...

Have a great week!

Friday, February 26

Friday, end of week 1...

Skipped yesterday, for no reason at all, I guess I was a bit lazy? :-) Feeling fine, had a successful day at the office, BP in AM average at 150/100 and PM at 140/90..

And I'm outta here. Have a great weekend!!!!

Wednesday, February 24

Wednesday, oftewel, Klein Saterdag

Wednesday went without a hitch. Good traffic driving to Sandton, only took me 90 minutes to do the 70-odd k's. Feeling more energetic, less sleepy.

Morning BP was 148/84, definitely not too bad. Evening BP hit 150/88.

Went to Prophetic Course at church again tonight. Same prophesy over my life from yet another person. I guess I'll have to get ready for whatever is going to happen... :-)

Oh yes, I forgot. Rupert came to see me again yesterday after a long absence... They're living closer now, close enough for visits...

And off to bed I go...

Tuesday, February 23

Tuesday Tuesday!

Went to see the doctor this AM, she was quite happy with the progress made in 1 week. Puffiness around the ankles almost gone completely. She says she can definitely see a bit of weight loss. The scale, however, still says "ERR" when I get on.... She is happy that my heart sounds better, and my BP is coming down bit by bit. BUT.... she has thrown another spanner into the works. Type 2 diabetes. My reading is over 12, should be below 6. So there goes the ice creams, the crunchies, the cokes, the fanta's, the sweet things in life... Having said that, it only goes to helping me loose more weight! I'm planning to get my weight down to 95. And once I hit 95, that's me off to the local airport (Wonderboom Airport) for a tandem jump.

So let's take it one day at a time and get all of this unnecessary weight off... Not too difficult, if I really put my mind to it.

Pray for me....

PS. My BP this AM was 195/96 and tonight showed a 145/80. Getting there!!!!!

Monday, February 22

Monday, Monday..

Very normal boring Monday. BP AM and PM more or less 150/100. Breakfast: Oats. 10 o'clock: Boiled egg and half a sarmie. Lunch: Tomato & Polony sarmies. 3 o'clock: Half a sarmie. Dinner: Piece of boerie, egg, slice of wholeweat. (Wifey cooked.)

Tomorrow it's off to the doctor to hear what she has on her mind...

Lot at work was quite nice today..

Just after 10, and I'm heading for bed...

G'night!

Sunday, February 21

Sunday Morning coming down....

Woke up this AM to a BP of 140/67. Cherise made us a nice breakfast, had a real sit-down together, the 4 of us. Spent morning just hanging around, watching old reruns of My Family. Brad came home quite early (before 12), went for a buffet lunch. Healthy food. Except for the pudding. Did not have a huge helping of the latter, but nevertheless. Spent afternoon in pool playing ball, fooling around, did some mild exercise (creating whirlpool, quite a strain!!!). Had a haircut. Dinner was leftover chop from last night's braai, and a piece of garlic bread, as well as one hot-dog. Still have to figure out the healthy eating thing. BP at 7 was 153/88. Watched the movie on MNet, wrote up my day, and went to bed.....

Goodnight all!!!!