Monday, March 22

Rustige Maandag

Baie rustige Maandag. Laat geslaap. Fliek gekyk. Ietsie gaan eet. Verder kom slaap. TV gekyk. Blog kom opdateer. En terug kooi toe. Nou nou.

Mense, soms is dit nodig om net mooi niks te doen. Net te wees. Te "exist". Sonder om te beweeg. Dan herlaai mens. Van binne af. Jy voel meer uitgerus. Minder gejaag. Want ons jaag te veel. Deadlines/spertye. Waar is die dae wat ons tyd gehad het? Waar is die dae wat ons net rustig oor 'n naweek kon rus? Maar nee, dis hiernatoe/daarnatoe/elders/elke oomblik besig. 'n Gejaag na wind. 'n Gejaag na niks..

En eindelik gaan almal dood en hou tyd op bestaan. En wat het jy bereik? Hoeveel tyd saam met jou geliefdes deurgebring? Hoeveel tyd met JOUSELF deurgebring? Tyd aan JOUSELF gespandeer?

Ons moete tyd maak vir kinders, vir werk, vir kerk, vir vergaderings, vir familie, vir vriende, vir jou eggenoot, maar wat van eie tyd? Tyd is kosbaar. Tyd is nie onbeperk nie. Tyd wat jy vandag verloor, sal jy nooit weer kan opmaak nie. Jy kan nie slaap inhaal nie, jy kan nie tyd inhaal nie. Koop die tyd uit. Moenie jou laat jaag nie. Moenie dat tyd jou baas word nie.

So what as jy laat is? Moenie dat jy 'n slaaf van tyd word nie. Tyd moet vir jou werk, nie jy vir tyd nie...

Maak tyd vir jouself.

1 comment:

Nella said...

Eish Boet.. was jy in my koppie of wat!!???? Tyd ja ja ek het nooit genoeg daarvan nie.. vir my is die die mees kosbare komoditeit en iemand moet dit nie mors nie.. tog doen ons dit soms self.... het altyd tyd vir alla dinge maar nie vir jouself nie.... is dit omdat ons voel ons is nie so belangrik nie?