Friday, March 19

Friday not the 13th...

Kyk, so naby aan ;n hartaanval was ek lanklaas... Ek praat nou van die Bulle wat so byna-byna hulle rekord vrerinnewoes het.. Magtig, dit was 'n stryd. Te veel foute, te min punte. En dit alles oor die blessitse Stormers laasweek die 'canes so moerig gemaak het. Toe moes ons dit ontgeld.

Vandag was 'n ho-hum tipe dag. Al was dit Vrydag. Vroeg geloop by die werk omdat ek 'n terminaal moes gaan aflewer by Menlyn. Enige verskoning. Darem parkeerplek gekry by die VIP parkering.. Mens moet net weet hoe.

BP was vanoggend heel skaflik, amper soos 'n mens s'n. Wou nie vanaand meet na die Bulle se stryd nie. Sou net die meter breek.

Het vandag weer bietjie oortree. 3 Boerierolle vir aandete. Ook net die Bulle en liefie se skuld. Sy het die boeries gebraai. Damn lekker gewees eintlik. En dit na ek die hele dag stroopsoet was.

Dank Vader dis langnaweek,ek het die rus nodig. Sondag mos een of ander nuwe vakansiedag wat ek die naam van vergeet het, dit meen Maandag is afdag. Sal dit ook so deurbring.

Wou vanmore 'n stuk komedie post, toe post ek dit onder Liefie se blog. Gaan oor Togetherness Tshabalala se taxi-wedervaringe. 'n Moet-lees as jy my vra! Haar spoegblok is Katjie se Sandbak.

Kaas dit en geniet dit!

Ek bekommer my dat tyd so vinnig verby gaan. Ons is al amper deur die 1ste kwart van die jaar, en ek onthou nog alles wat ons vir krismis geƫet het... Eish! Is dit 'n teken van goeie geheue of 'n teken van oudword?

Ek gaan nou slaap. Lekker slaap almal!

Nag ou Grote.

No comments: