Wednesday, March 24

Woensdagmore... Vroeg...

Klaar gestort, sit en koffie drink en plons 'n paar gedagtes hier neer. Buite hoor ek wraggies nog 'n voëltjie kwetter, al is dit nog half-nag. Die son het gedraai, en die nagte gaan begin langer word. Winter is oppad..

Winter is nie juis een van my gunsteling-seisoene nie, ek is nie een wat lief is vir koudkry nie. Veral nie nou met die natuurlike isolasie wat verminder nie. En die bloed wat dunner en meer effektief vloei.

Gisteraand gesit en werk aan 'n projek wat 'n deadline het wat voor my staan soos 'n paal bo water. Darem baie goed gevorder, maar moes paar queries dringend na my support groep toe stuur. Hopelik kry ek die antwoorde vroeg sodat ek die lot kan klaarkry en 'n spul mense van my skouers af kan kry.

Vanoggend in stiltetyd in Lukas rondgeloer. Baie interessante feite daar. Bespreek ek en liefie toe die 1 vers: (Luk 9:41) Toe antwoord Jesus en sê: o Ongelowige en verdraaide geslag, hoe lank sal Ek by julle wees en julle verdra? Bring jou seun hier. Hoekom sou Jesus so kras met Sy dissipels praat? Het Hy nie eerder met die demone geraas nie? Nogal 'n punt om aan te dink, veral as mens die verse vooraf (en sommer die hoofstuk vooraf) ook lees...

Daar is veral 'n vers wat ons toe raaksien: (Luk 10:18) Toe sê Hy vir hulle: Ek het die Satan soos ‘n bliksem uit die hemel sien val. Vader het Satan uit die hemel gegooi nog voor Hy begin het om die aarde te maak. En Jesus was daar om dit te sien. As dit darem nie 'n bevestiging van Jesus se Godheid is nie, dan weet ek darem nie.....

Nou ja, laat ek gaan klaarmaak, brekfis moet gemaak word en ek moet klaar aantrek. Geseënde dag en mag ons Hemelse Vader ieder en elk wat hier lees, mildelik seën.

Geniet julle dag!

No comments: