- Vrydagaand by Mamma en Lulu 'n draai gaan maak om Amanda se stofie vir Willie deur te neem.
- Saterdag vir Cherise gevat dat sy haar oor kan laat deurboor, toe liefie gevat om 'n kleertjie te loop koop, toe die Willetroppie gevat dat my kar deeglik gewas kan word.
- Saterdagaand gaan loop kyk ons Treurgrod van Steve. En dis 'n fliek wat jou onder die gat skop en sê dat jy moet wakker word en die koffiebone ruik. Ons land is in 'n krisis, met die plaasmoorde. En dis nie 'n grap nie, dis ernstig.
- Sondag vroeg op, algar klub toe. Liefie speel singles game en Cherise pairs. Ek merk en Brad leer. En na die tyd kuier ons weer onsself mis. Soos gewoonlik.
- En gister, Maandag, eish. My nuwe wa. Skelrooi, ok, Jupiter Red CLA220 CDI. MOOI. Baie baie mooi. Kompleet met sondak, satnav, en alle bells en whistles om 'n kar 'n motor te maak. Dankie liefie, die Willeboer gaan flippen lekker ry vir die volgende 10 maande!
- En daar was alweer 'n ligte familietwis oor Mamma se interwebs wat deur Edupac betaal word en wat blykbaar bietjie rof oor die limiete was. En almal word beskuldig. Draai toe uit dat dit Windows se auto-updates was wat bietjie groot data gedownload het. Maar nou ja, die familie is uniek.
Tuesday, June 9
Van kuier naweke en nuwe karre
Monday, June 1
Oupa met 'n baard
In laasweek reël liefie toe nou dat ons die afgelope Sondag sal deurry Germiston toe, om klein Mine Janke te gaan loop ontmoet. Dis nou liefie se laaitie JP se dogtertjie by sy voormalige meisie wat hy nog steeds aan-en-af sien. Of so iets. Ons kry foto's van die kleinding en ek sien liefie se hart is baie swaar omdat sy nog nie die kleinding kon vashou nie. Maar so reël sy toe met Chauné en die se moeder (waar klein Mine'tjie bly) dat ons Sondag kan deurkom. So beek die naweek aan. En Saterdag gaan koop ons eers grootmaat kruideniersware aan vir die huis.
Maar voor die kopery stop ons eers by FinForum, want liefie moet gou bank toe. Maar daar was te 'n lang ry, en sy kom terug, en klim sommer by voorbaat in die verkeerde kar in, en beduie vir die geskokte man agter die stuurwiel iets van "Eff dit, die effen ry is te lank! En waar is die effen kinders?" En by verdere ondersoek besef sy die man is baardloos en die kar sit anders. Sy loer na hom en sê in 'n oomblik van wysheid "Jy is nie Johan nie. Skies!" en spring uit met 'n vaart terug om die bakkie om by ons in die kar aan te sluit, waar sy veronderstel is om te wees. Die gelag was onbeheerbaar rof vir die volgende 15-20 minute! Toe Makro toe, koop die kar tjokvol. Terug kaja toe, ontlaai die kar, terug vleismark toe, koop genoeg vleis vir 'n oormag. Kom Beukes-clan daar aan vir die braai, soos bespreek. Kuier baie lekker, maar hier deur die loop van die aand sien ek liefie is nie meer so orraait nie. Beduie sy dat sy baie opsien na Sondag, en vir maatjies Elaine en Mike gevra het om saam te gaan.
En Sondag breek aan. Ek is vroeg op, laai Brad af vir sy rolbal game, en daarna vir Cherise. Ons wikkel deur, tel Mike en Elaine op, en gaat na oupa Tony hulle toe. Sit en drink 'n "dutch-courage", en so kort voor 12 wikkel ons deur om Mine'tjie te loop ontmoet.
Liefie is so overwhelmed, sy vergeet om weg te hol of te huil. En sy onthou soortvan hoe om 'n baba vas te hou :) Die oupa in my kom sterk na vore en ek hou vas soos 'n ou hand. Voer, skud, skommel, en koer. Elaine neem net foto's soos 'n wafferse paparazzo, om die oomblik te verewig. En my hart swel soos nog iets.
En te gou is ons kuier-uur verby. Ons groet, en ry in stilte terug. Elkeen met eie gedagtes.
En dis hoe die oupa met die baard sy klein knoppie ontmoet het. Plekkie in my hart.
Oupa met 'n baard. Soos oupa's moet hê.
Groetnis ou Grote, Van oupa tot oupa.
Monday, May 25
Flu-season en hoes-hoes
Saterdag rustig, en toe rolbal toe. Speel my game, kry my gaai mooi geskop (21-2). Merk 'n game. Liefie verloor haar game 21-1, maar vat baie lank want sy staan hulle so een-een af.. Drink 'n bier of so, en huis toe. Lekker groot vuur gemaak. En klein stukkie vleis gebraai. En Sondag sommer net sleg rondgehang en absoluut niks gedoen nie. Soos dit hoort. Want ek voel maar goor en vol notte.
En nou is dit Maandag en ek sit by die werk en my kop voel dik en die neus loop en die warmte agter my oë voel warm en ek voel nie juis baie opgewonde oor die lewe nie. So die gaan 'n lááng week wees.
Sal maar sien hoe ek dit maak :)
Groete ou Grote, en jammer om van die een brakkie te verneem. Darem is Swieties nog in die rondte..
Monday, May 18
Ek raak uit titels uit.. Ouderdom.
Raait, hier is dit:
- Word toe gevra of ek my Saterdag singles Vrydagmiddag kan speel. Kry af by werk, gaan klub toe, en kry goeie draggie slae by Marius R. 21-1. My een punt in die 2de kop opgetel. Kon daarna net nie terugkom nie.
- Vat Saterdag Mike en Elaine om te gaan shop. Shame, hulle sukkel erg sonder 'n kar!
- Saterdag gemerk terwyl liefie en Riana hulle game klaarmaak, liefie verloor 21-16, wat damn goed is! Kuier lekker by die klub tot laterig. Blykbaar het 32Bn hulle reunie ook daar gehou.
- Sondag net rustig gevat en Buries se Swarra se pc reggetjommel. In ruil vir die hek wat laasweek herstel is.
- My jongste en enigste beduie Donderdag dat haar liefdeslewe oppetjorts is. Duidelik moet die laaitie wat haar hartjie gebreek het, oppas. Sy knieë gaan baie ernstig verniel word as ek hom teëkom!
Tuesday, May 12
Weeklikse update
- Afgelope naweek weer by rolbal, liefie saamgevat. Sy het vir die 1ste keer punte in 'n wedstryd aangeteken. 4 skote na 8 koppe. Not too shabby! Maar toe raak haar rug seer en die opponent bietjie omgesukkel asl liefie sit. En liefie verloor konsentrasie as die rug seer word. So die game is dus uitgestel.
- Sondag was moedersdag. En op 'n besluit deur die feeskomitee (is nou ek en liefie) het ons besluit om sommer maatjies te nooi vir pot. Hoenderpot, dit is. Gaat haal ek toe vir Mike en Elaine en Saarkie, en laai vir Blondie op. Ons bou hoenderpotte en kuier te lekker. One way om moedersdag lekker te maak! Net jammer die kids het besluit dat dit net 'n gewone dag is, en niks vir hulle ma wou doen nie. Maar nou ja, so is dit maar seker.
- En die res van die week? Koue is in aantog, en die winter lê voor. Yuck, superyuck.
Thursday, May 7
Nuwe lewe.
Maak nogal iewers diep binne effens seer. Maar nou ja, dis maar seker hoe die lewe is.
Voel soms ek wil vir Liefie vat en verdwyn na ver weg waar ons net sonder kontak van almal kan wees en waar niemand ons binneste kan omkrap nie. Maar dis ons nie beskore nie. Verantwoordelike ouers, dis wat ons is.
Groetnis ou Grote, van een oupa na 'n ander. Ten minste het jy meer geredelik toegang tot jou kleinkinders, ne?
Tuesday, May 5
Bolle rol en lankstaan
Kom by die huis, maar sommer net hammies en gaan rus. Pootuit.
Saterdag. Vroeg op. Whites aan. Wingate toe. Liefie bly tuis, sy wil leer. Ek en Brad en Cherise is op die baan, ek en Brad merk, sy rol. 2 lang games. Darem die keer 'n hoed saamgevat.
Na die games lekker geginnegaap saam met die rollers, en toe PHSOB klub toe vir die finals. En van daar af huis toe. Sommer net pops en chips vir aandete. Te moeg om nog te dink aan kosmaak!
Kom loer Marius, Joy en Blondie in om Cherise (wat 'n hele paar doppe sterk staan) terug te bring. En kuier. Tot laat.
Sondag net gehang. Potjie gemaak en gerus. Soos ek die hele naweek wou. Maar nou ja, dit was lekker. Uitputtend, maar lekker.
Moral of the story, as mens na enige rolbal game toe gaan, trek maar verkieslik jou whites aan, mens weet nooit wanneer jy betrek word vir 'n game of om te merk nie..
Groetnis ou Grote. Neels wil hê ek moet bietjie kom inloer. Sal maar so maak, of hoe?
Tuesday, April 28
A nice long weekend and an even shorter week
Sondag net rustig tuis gewees, nie veel gedoen nie.
Maandag weer dit-en-dat gedoen, siende dit 'n vakansiedag was. Oulike vuurstooftop dingetjie gekoop, en toe weer rolbal toe vir oefening. En so 'n paar lang doppe. Vroeg kooi toe.
Nou drie dae se werk, en dan weer lang naweek. Weer vol rolbal, siende Cherise speel BGN kompetisie Vrydag en Saterdag.
Nou ja, ek teken maar eers af. Groetnis ou Grote. Mis jou my maat.
Monday, April 20
Naweke en braai
Saterdagoggend kinders by rolbal gaan aflaai, sodat hulle kan oefen. Cherise saam met die colts&fillies, en toe sleep hulle sommer Brad saam. Vir Mike en Elaine gevat om hulle shopping te doen, toe terug huiswaarts. Daar rondgehang en liefie gehelp met haar Android projek. Beukesse het so om en by 3 uur se koers opgedaag, toe is ek en Boeta klub toe om die kinders te loop oplaai. Paar biere daar gedrink en spoedig huiswaarts om te gaan braai. Hulle het sommer oorgeslaap, omdat dit nie goeie idee is om bier te drink en dan te wil bestuur nie...
Sondag 'n massiewe luilekker dag op die opblaasmatras voor die tv deurgebring en movies gekyk. Lekker man, lekker! Is mos hoe 'n naweek geskeduleer moet word.
Behalwe vir die beurtkrag wat nou regtig 'n irritasie raak. Want dis rekenaar-afsit hier van 19:45 af, genny by die deur uithelp, drade regkry en dan sit en wag met die flits tot die krag afgaan so net na 20:00. Elke aand. Pffffft. En dan sit met die lawaai en buurt dophou tot ek die eerste straatligte weer sien aangaan. Dan is dit weer rekenaar-afsit, krag omskakel, genny terugsukkel in die huis in, en dan eers kan ek regmaak vir kooi. En dis enige tyd van so 21:15 deur tot 22:30... Nooit konsekwent met die aanskakel nie.
Wonder of ons ooit weer stabiele krag in die land sal sien.
Rustig wees ou Grote! Hoop julle het ook krag, of kerse!
Friday, April 17
..just another day in Paradise..
Wat het die afgelope ruk gebeur?
- Liefie se verjaarsdag, met karaoke aand gevier
- Brad was op rolbal toernooi, het darem nie te sleg gevaar nie
- Cherise is gekies om BGN toernooi te gaan speel
- Danielle is besig met revue
- En ek haal asem en bestaan
Wednesday, April 8
Soms is geen nuus goeie nuus
- Liefie en vrind het bietjie uitval gehad, met die gevolg dat hulle nie juis meer baie kom braai nie. Is eintlik hartseer en onnodig, maar nou ja, hy is hardkoppig en heethoofdig.
- Bolle rol kom so op 'n stappie aan.
- Liefie het lipome laat uitsny, lyk amper of iemand haar kop wou afsaag.
- Brad is Bloem toe vir interdistrikte rolbaltoernooi. Kry toe sy Gauteng-Noord halfkleure.
- Cherise het in die finaal van die BGN Novices Dames enkel toernooi gespeel en 2de geëindig. Baie goeie resultaat vir iemand wat net 6 maande speel!
- Beurtkrag is nog steeds deel van ons lewens. Gelukkig vir my kragopwekker wat die huis kan aan die gang hou as Eskom die krag afsit. Wat amper elke aand gebeur.
- Liefie het 'n A-klassie gekry, die nuwe A200. So 'n witte. Dekselse mooi karretjie!
- Van tjom eeue laas gehoor. Wonder soms of dit my aftershave was..
- En van boeta ook lanklaas. Hy werk blykbaar baie uitstedig. Iets met trokke.
- En nou ja, dis al die nuus. Wat nie juis baie nuus is nie.
Tuesday, January 20
Hiert! Kyk wie het besluit om weer te skryf. (Of so iets)
So ek dink ek moet van nou af weekliks op die ding sit en woorde skryf. Want die lewe gaan aan.
Ok, wat het die afgelope (eintlik laas) jaar gebeur:
- My PH is wonderbaarlik laer. Dokter meen dit is oor ek elke aand pligsgetrou met daai kompressor slaap.
- Liefie het nog 2 honde (Milo en Beertjie) bygekry.
- Brad het Mackie by Ouma gekry toe sy moes trek Avondrus in V-Town toe.
- Cherise is sak en pak terug met haar 3 honde.
- So ons het 9 honde.
- En voëls.
- En 'n kat.
- En visse.
- En 'n skilpad.
- JP is terug Johannesburg toe.
- Die swembad se sonpanele wil nie werk nie, moet pype vervang wat deur die son verniel is.
- My tuin het plante bygekry, dit lyk soos 'n oerwoud.
- Ek het 'n klein karavaantjie gekoop, moet hom nog mooi modify.
- Ek ry nou 'n B200CDI (so 'n blouerige kleur).
- Ek het een moerse hifi 2dehands gekry vir minder as spotgoedkoop.
- En opgegradeer na 'n Explora toe.
- Ek het baie van my besittings afgestaan aan die herverdeling van skatte (sonder medewete of toestemming):
- My groot tent
- Visstokke
- My potjies
- Kompressor
- Sweismasjien
- Brad se fiets
- Ander gereedskap
- Brad het 'n motorfietsie gekry.
- Ek het darem van my gereedskap vervang.
- En 2 potte gekoop.
- Ons het begin rolbal speel by Munies. (Dis vet pret!)
- Kersfees het gekom en gegaan, saam met ons vrinne deurgebring.
- So ook Nuwejaar.
- Ek doen nou C# programmering by die werk ook, het besluit om my spanleier takie eerder te los, en te fokus op programmering. Daar is nie genoeg tyd vir alles nie.
Sunday, April 13
Guess who is back in town....
Skandes! Dis te lank sedert ek hier my vingers aan 'n sleutelbord laat raak het. Hoog tyd om my klein hoekie van die interwebs weer aan die gang te sit!
En hier volg die nuus:
- Ek is nou 'n "team leader" by die werk met 2 mense wat aan my rapporteer
- Altwee die ouer kinders het teruggetrek sak en pak (alhoewel blykbaar tydelik)
- Huis vol honde (Cherise se 3 en ons 4)
- Klein vistenk met vissies in die kombuis
- Voëlhokke staan sterk
- Uiteindelik my "big screen" gekry
- Bokwa verkoop
- Ry nou Merc C250 CDI Coupé (my midlife crisis kar :) )
- Het van omtrent brandarm na omtrent ok gegaan
- Liefie het vir ons elkeen 'n Lenovo 10" tablet gekry
- My PH het verbeter
- E-tol is geïmplementeer, en ek bly 'n aktivis teen die hele stelsel, al is ek geforseer om 'n e-dingetjie teen my ruit te hê, omdat ek 'n "leased car" ry
- En dis omtrent dit.
Thursday, February 16
Onaanvaarbare gedrag!
- Liefie se oogoperasies was reuse sukses, sy kan nou mooi sien en dink ek is darem nie te lelik nie.
- Was op reunie van so 'n klein groepie skoolvrinne, en dit was great om so 'n paar van die gesigte na 'n kwarteeu weer te sien.
- Nuwe tweedehandse tent (massief groot) gekoop vir appel en ei. (Eintlik halwe appel en kwart ei). Ingewy met visvangnaweek by Mar-Leo oord by Roodeplaatdam.
- Jaarlikse doktersbesoek was baie bevredigend. Cholestrol is LAAG! Bloeddruk is 100% ok. Suiker is totaal onder beheer. En niks anders is buite perke nie. Dokter is actually baie gelukkig met my progress. Gewig is nog so bietjie hoog, maar met die halfton wat ek al afgeskud het, voel ek sommer goed.
- Mal besig by die werk, maar ek hou kop bo water en dit betaal die kar en huis.
Saturday, August 27
Dis heerlike lente, die winter's verby...
Thursday, August 11
So ry die trein
Tuesday, July 19
It's wintertime now...
Wednesday, May 18
X marks the spot
Friday, April 15
Reën reën lieflike reën..
Vrydagaand in Pretoria. Nat, koud, en dis nou eers middel April.. Ek sien 'n nat koue winter wat wag op ons... Koud is die windjie en skraal... Ensomeer. Rooiwyn en kaggelvuur die winter, want verwarmers is uit seders ons hierdie voorafbetaalde lektrieks ingesit het. Aan die eenkant is dit lekker, maar aan die ander kant verkies ek die somer, met son, swem, en koue bier... Ek hou nie van koudkry nie. Het nog nooit nie, sal nooit nie.
Vandag was maar rather 'n waste of makeup. 4 ure gemors om te wag dat my neukenaar besluit of hy Windows 7 se service pack wil installeer aldan nie. Moes op die ou einde terugrol na pre-Service pack instellings. EISH!
Luister Abba op Jakaranda. Is nou sommer so half nostalgies..
En dis maar hoe dit is, soos ou Steve sal sê...
Geniet die naweek, en hou duime vir die Bulle!
Nag ou Grote!
Opdatering Saterdagaand: En daar verloor die Bulle, en dit is KOUD!
Thursday, April 14
My my how time flies!
Goeie hemel! Die jaar se spoed was rather ongeskik tot dusver! Ek kon skaars asemhaal! En toe bly my spoegblok agterweë... En daar het BAIE gebeur sedert laaskeer.
Ko's kyk:
- Die Wit Bojaan het getrek. Bly nou nie meer om die hoek van my nie. Hy het intussen 2 karre opgebou en verkwansel. Albei Jaguars. Nice waens!
- Vroulief moet vir oogoperasie gaan. Sy is besig om stelselmatig totaal sig te verloor.
- Laaitie ook. Sy eerste operasie is komende Dinsdag 19 April. Dan een so begin Junie. Volgens die oogdokter sal hy volkome blind word as hy nie gaan nie. Katarakte in albei oë op 13. Nie pret nie.
- By die werk gaan dit doller as kop-af. Werk aan heerlike nuwe innovasies. Pret!
- My gewigsverlies is mooi op track. Het al so +- 30 kg's afgegooi sedert ek met die dokter deurmekaar was en amper gedooi het. My klere pas alweer en ek moes my belt al 4 keer verstel.
- Dogter en boyfriend het eie kaya gekry en bly nou op hul eie. Seëning.
- Prepaid lektrieks ingesit. Om die hele stad te onderhou met my se krag rekening is nie regtig lekker nie.
- Liefie het vir ons elkeen 'n Smart gekry. Hare is maatskappymotor en myne is maatskappymotorbyvoordeel. Die goedjies ry damn lekker!!!
- Bruin wa se enjin het bietjie gehik en snik, maar danksy Wit Bojaan loop die ding darem weer.
- 3de Terabyte hardeskyf in my se kepjoeter ingesit. Baie spasie. Not. Te veel robbiesh wat die ding volmaak.
- Is al wat ek aan kan dink. Maar hou die spasie dop. Ek sal meer getrou kom sit en tik hierso. Belowe.
In ieder geval, die kooi roep, en ek wil gaan rus.
Wederom! Nag, ou Grote!


