Saturday, August 27

Dis heerlike lente, die winter's verby...

Weer nodig die velde vir jou en vir my... het ons as kinders gesing wanneer die winter einde se kant toe staan. En vandag voel geen uitsondering nie. Dis heerlik warm, ek het die swembadpomp se lekkende pyp gefieks, en die swembad mooi gelykvol getap. Nou net die Pratley Putty laat droog word en dan kyk of die ding ophou lek het. Anders maak ons maar 'n plan B. En dan moet ek maar die pomp bietjie laat hardloop sodat die son die panele kan warm maak, en die warm panele die water kan warm maak, en die water die swembad swembaar kan maak. Want ek swem nie in koue water nie. Dis teen my beginsels.

Intussen het ons duiwe uiteindelik dit reggekry om 'n eier uit te broei. Die lelikste kuiken wat ek al ooit in my lewe gesien het! Maar sal seker mooier raak soos die tyd aanstap.

En by die werk gaan dit maar soos altyd vrekbesig. At least betaal dit die verband en die kar! Willevroutjie swot hard en dit lyk heel goed. Sy gaan die week vir ooglensvervanging. Dan gaan sy actually kan sien! Ek is bietjie bekommerd daaroor, want dan gaan sy sien hoe ek regtig lyk, en sĂȘ nou sy skrik haarself half dood??

Ek word nog steeds maer, dit gaan net bietjie stadig hier in die winter want oefen en ek is nie groot maats nie, en in die winter is dit gewoonlik nog erger. At least kruip die gramme darem nog afwaarts op die skaal. En die bloeddruk is onder beheer, en die suiker is onder beheer. Wonder net oor die cholestrol. Maar dit sal ons weldra uitvind wanneer dit weer tyd is vir my jaarlikse besoek aan die kwak.

Intussen, geniet die lente, en mag die voorspoed julle verveel!

Lekker dag ou Grote! Hoop daar is 'n paar nuwe lammers op planeet Plot!

No comments: