Friday, July 9

Die einde... of is dit?

So breek die laaste naweek van die FIFA 2010 sokkerwêreldbeker aan. (Wonder of die FIFA-polisie my gaan verplig om daai sin te verander!) Holland vs. Spanje. Wie sou ooit kon dink! Deutschland, Deutschland unter alles! Die lot Duistertjies so opgetrek hulle is sommer algar huis toe.

En dit oor ou Paul die seekat. Blykbaar het hy om politieke asiel aansoek gedoen in Spanje. Waar hulle nie weer paella sal eet nie..

En ou Jackie is skullig. Morgan Freeman kom blykbaar weer 'n film hier maak. Gebaseer op Jackie Selebi se lewe. ConVictus.

Intussen nog niks weer van ou Grote se gesondheid gehoor nie. En ek bly maar bekommerd oor die ou beer.

Die lewe is maar een moerawiese rollercoaster ride. Soms wonder ek of hulle die spoor gaan voltooi!

En van Maandag af is dit back to normal op ons paaie... Padwerke word hervat, almal terug van vakansie af, so dis weer ongeorganiseerde chaos, frustrasies, tydmors, skree, skel, en dis net tot ek by die hek uit is. Dan begin die moeilikheid eers.

Ek gaat nou inkruip. Ek is gatvol moeg vir die winter.

Nag ou Grote! Word gou beter.

No comments: