Thursday, July 1

Koud is die windjie en skraal...

Kyk, ek is nou redelik gatvol vir winter. Dis koud. Dis nie lekker nie. Ek hou nie van winter nie. My neus kry koud. My rug kry koud. Alles is koud. Ek verkies die somer, want as mens warm kry, is daar 'n swembad om in af te koel. In die winter moet mens binne bly. En vir 'n buitelug ou soos ek is dit moord.

Bafana het dit toe, soos verwag, nie juis verby rondte 1 gemaak nie. Darem dapper probeer! Frankryk, Ingeland, en die Taljaaners is huis toe met die kous oor die kop. Kry vir julle!

My tjomma met die raasbike het ook nou 'n spoegblok begin. Die Witbobbejaan se Werf. Lees gerus. Hy raak interessante dinge kwyt.

Liefie pak alweer huis reg, nou dat ons die huishulp maar moes laat gaan. Sy is in elk geval 'n onbekostigbare luxury. En die skottelgoedwasser (die lektriekse ene) het die gees gegaf. So dit gaan weer baie gelte kos. Wat ek nie het nie. En Cherise is ook weer sonner joppie. En Schernal nog steeds. Ek voel al effe soos 'n papgeslaande slaansak.

Darem is my internet weer oppie lug. Dankie liefie vir jou baie rondbel en organize. Dit gaan nie ongesiens verby nie.

En Tjoklitsbaba word net ouliker. Nie gedink ek sal ooit kan mal raak oor 'n skootbrak nie. Maar die ding het totaal my oorrompel met haar cuteness. Auk!

Ek dink Saterdag is dit ek en my studeerkamer. Ek wil die ding regpak. Gou.

En ek sukkel met my gewigsverlies. Plato bereik, en kan nie deurbreek nie. Hartstigting 3 dae dieet gekry. Sal Maandag tot Woensdag die ding volg en kyk wat die gevolge is. Mens doen hom3 dae, eet 4 dae normaal (GESOND!!!!!) en herhaal. Soos hare sjampoe. Wash, rinse, repeat. Met 8 glase water per dag. My dieetpilletjies het mooi gewerk, maar die mediese fonds betaal hulle nie, en ek moes besluit tussen rekeninge betaal en die pille. Toe wen die rekeninge maar.

Bloeddruk is maar nog baie wisselvallig. Kan nie meer meet en reguleer nie, metertjie het ook sy gaai gesien. Bloedsuiker wissel 6.5 tot 8, sukkel daarmee ook. Geen idee van cholesterol nie. Dan moet ek nog kardioloog toe op aandrang van my dokter. Ek wag net dat liefie die afspraak maak...

Dalk moet ek maar net 'n goeie veearts kry om my maar uit te sit?

Intussen het ou Grote homself into contention geval. Ek worry oor die ou. Hy is nie meer spring chicken nie, maar hoor is min....

En dis genoeg vir eers. Vandag se inskrywing geborg deur die letter X en die kleur Groen. (Wat dit ookal mag beteken. Ek weet self nie. Weer my mind wat op sy eie mission is)

Ciao, mes amis!

Nag ou Grote. Word gou gesond!


No comments: